Kaapstad Middestad Akkommodasie by Fedelfa's 2 Bed Penthouse | LekkeSlaap
+9

Fedelfa's 2 Bed Penthouse

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Adderleystraat 19, Cartwright's Corner-kompleks, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 600 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Fedelfa's 2 Bed Penthouse bied selfsorgverblyf in 'n veilige gebou in die middestad van Kaapstad. Die gebou is ideaal naby 'n verskeie ontspannings- en sakegeriewe.

Dié dupleks-woonstel is op die 23ste vloer en het 2 verdiepings wat deur trappe verbind word. Dit beskik oor 2 slaapkamers en 2.5 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, elektroniese kluis en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het ook 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word asook ’n en suite-badkamer. Albei kamers het ingeboude kaste.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof, 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die sitkamer langsaan het 'n TV met 'n DVD-speler en DStv-Compact, PlayStation 3 en ’n etenstafel met sitplek vir 8.

Daar is 'n gemeenskaplike binnenshuis-swembad en 'n goed toegeruste gimnasium in die gebou. Die gebou het 24-uur sekuriteit, 'n ontvangs en parkeerplek met afstandbeheerde toegang.

Die verblyf is gerieflik naby Kaapstad se naglewe, restaurante, museums, Company's Garden, 1,5 km vanaf die Kunstekaap en die KIKS, 3,5 km vanaf Kaapstad stadion in Groenpunt, die V&A Waterfront en nog vele meer.

Slaapplek

’n Bespreking by Fedelfa's 2 Bed Penthouse sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gimnasium

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Adderleystraat 19, Cartwright's Corner-kompleks, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 600
per nag (plek vir 4)
Vanaf R3 600
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Adderleystraat 19, Cartwright's Corner-kompleks, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAziO0dhzBBuqzXZ3jgfjwXaRjewaxpLzPPHfPwSbz4hILn2vtlD?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 600  per nag (plek vir 4) 19 Adderley Street Cartwright's Corner complex 8005 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.923916497651 18.422059584131
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za