Fiddler's Green

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Fiddler's Green is 'n klein en gesellige gastehuis in Knysna. Die gastehuis is minder as twee kilometer vanaf die middedorp geleë. 'n Pragtige swembad is in die groot tuin met uitgegroeide bome weggesteek.

Die meeste kamers by Fiddler's Green B&O beskik oor 'n terras met 'n panoramiese uitsig. Twee van die drie eenhede beskik oor sitgeriewe met 'n platskerm satelliet TV, klein yskas en private ingang.

Gaste kan die gratis ontbyt wat daagliks by die B&O bedien word, terdeë geniet. Middag- en aandete kan geniet word by een van die talle restaurante of kafees wat slegs een kilometer hiervandaan geleë is. Braaigeriewe is in die tuin beskikbaar.

Die Knysnarivier is slegs 500 meter hiervandaan en die strande langs die Indiese Oseaan is minder as 'n halfuur per motor bereikbaar. Die Knysna Heads is 15 minute per motor hiervandaan en Port Elizabeth slegs 260km.

Die Tuinroete van Suid-Afrika is 'n gewilde toeristebestemming met sy pragtige natuurskoon, strande en talle buitemuurse aktiwiteite.

Knysna is 'n skilderagtige ou dorpie met uitstekende retaurante en winkels en 'n aangename klimaat dwarsdeur die jaar. Die gemiddelde somertemperatuur is tussen 28ºC - 30ºC. Die wintertemperatuur is 19ºC gedurende die dag.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad

Aktiwiteite op perseel

  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Vlaams
  •  Duits
  •  Spaans

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fiddler's Green gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false