Fisherman's Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Breek weg van die stadsgedruis, skop jou skoene uit en vat die pad na Gansbaai! Hierdie kusdorpie se vriendelike mense sal jou dadelik tuis laat voel en die natuurskoon is werklik besonders.Ons selfsorg-akkommodasie is vir 2 gaste en is 200 m van die see af. Asem die vars seeluggie in en kyk uit oor die oseaan terwyl jy jou dag beplan.

Dié kothuis beskik oor 1 kamer met 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, ketel, mikrogolfoond, yskas, TV en 'n sekuriteitstelsel. Gooi gerus 'n vleisie oor die kole by die braaiplek. Die slaapkamer het 'n dubbelbed, volledige DStv, linne en handdoeke. Die badkamer is modern met 'n stort, wasbak en toilet. 'n Alarmstelsel en Spaanse diefwering bied ekstra gemoedsrus.

Die gebied vanaf De Kelders se asemrowende kranse tot by Pearly Beach se pragtige strande bied van die voorste walviskykpunte in die wêreld. Jy kan ook Dyer-eiland, waar die geheimsinnige witdoodhaaie voorkom, besoek. Gansbaai staan nie verniet as die hoofstad van die witdoodhaai bekend nie. In dieselfde area kom robbe voor, kitskos vir mnr. Haai.

Slaapplek

'n Bespreking by Fisherman's Cottage sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Klein Kombuis

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fisherman's Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false