LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Five Pebbles op Piece of Africa | LekkeSlaap
+43

Five Pebbles op Piece of Africa

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boekenhoutskloof 42, Cullinan, 1000, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Five Pebbles op Piece of Africa is sowat 30 km noordoos van Pretoria in die Boekenhoutskloof-area geleë. Die verblyf is deel van die groter Dinokeng, maar let wel dat dit nie in die Dinokeng Natuurreservaat is nie, maar wel naby die reservaat. Hier kan gaste die pragtige uitsigte en die rustigheid van die bos geniet. Dit is ideaal vir gaste wat 'n bietjie wil wegbreek van die stadslewe om asem te skep.

Hierdie selfsorg-chalet het slaapplek vir 2 gaste. Dit beskik oor 'n oopplan-slaapkamerarea met 'n dubbelbed en sitarea met gemaklike sitplek en groot koffietafel. Die badkamer het 'n stort, toilet, wasbak en 'n gas-waterverwarmer. Linne en handdoeke word voorsien vir ons gaste se gerief. In die winter word 'n gas-verwarmer en in die somer 'n waaier verskaf vir ekstra gerief.

Die kombuis het 'n yskas, gas-tweeplaatstoof, mikrogolfoond, broodrooster, breekware en eetgerei.

Gaste het ook toegang tot braaigeriewe. Piekniek tafel en kampstoele word voorsien.

Die plaas spog met 'n verskeidenheid wild wat ons gaste kan bewonder. Dit maak Five Pebbles die ideale plekkie vir natuurliefhebbers, wildfotograwe en voëlkykers.

Daar is tientalle nabygeleë besienswaardighede, soos die Mahala View Leeukamp, Dinokeng Natuurreservaat, Cullinan en die myntoere, historiese monumente, kuns- en oudhedewinkels, restaurante en die Loopspruit Wynplaas.

Slaapplek

’n Bespreking by Five Pebbles op Piece of Africa sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Wynproe
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 35 resensies vir Five Pebbles op Piece of Africa
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Boekenhoutskloof 42, Cullinan, 1000, Gauteng
  • Gaste dink Five Pebbles op Piece of Africa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Dinokeng Gauteng
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boekenhoutskloof 42, Cullinan, 1000, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAKGiSYLdedmcakGeiV1cZCv5uryjhmmHvJptRTS9IvFMH1CYxUT?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (plek vir 2) 35 5 1 5 42 Boekenhoutskloof Cullinan 1000 Gauteng 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -25.521862 28.424106
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!