Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Footprints of Knysna

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boekenhoutstraat 21, Upper Old Place, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 6
  • Vanaf R840 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Footprints of Knysna bied 'n ontspanne, oop en vriendelike omgewing met hoë standaarde vir gerief en diens. Footprints het 'n "lekker-voel"-atmosfeer en elke kamer het sy eie styl en dekor. Die nuwe eienaars bring jare se ervaring in die gasvryheids- en toerismebedryf om behoorlik nuwe lewe in hierdie instansie te blaas.

Al die woonstelle het privaat inagnge, volledige en suite-badkamers, privaat dekke met braai-areas, WiFi, DStv-hotelpakket, lugversorging of waaiers, verwarmers en kombuisgeriewe. Die uitleg bied gaste hulle eie privaat area, en die enigste gemeenskaplike areas is die tuin en swembad.

Die perseel is volledig omhein en het veilige parkeerplek. Rook is verbode in al die kamers en dit word

Heads Up is 'n woonstel op die boonste verdieping met slaapplek vir 2 of 3 gaste. Dit is met 'n skeepvaart-tema in blou en wit versier en is vir selfsorg ingerig. Daar is 'n oopplan-sitkamer, volledig toegeruste kombuis, eetkamer en 'n slaapbank. Die woonstel het 'n aparte slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n volledige en suite-badkamer. Hierdie gerieflike verblyf het 'n privaat ingang en is geskik vir 'n paartjie of 'n paartjie met 1 ouer kind. Die woonstel se privaat dek met sitplek bied ononderbroke uitsigte op die Knysna-Koppe en oor die strandmeer.

Down to Earth is 'n woonstel op die onderste verdieping met slaapplek vir 4. Dit is 'n praktiese gesinskamer met 'n volledige en suite-badkamer. Die sit- en slaaparea is oopplan met 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens, asook dubbelstapelbeddens. Dit lei na 'n volledig toegeruste kombuis en eetarea wat dit 'n lekker ruim woonstel maak met genoeg plek vir 'n gesin of vriende. Dit is in helder en aardse kleure versier. 'n Privaat onderdak-dek met sitplek lei na die tuin en het lieflike uitsigte oor die Knysna-strandmeer.

Ons Featherbed-ateljeewoonstel het slaapplek vir 2 gaste. Dié romantiese eenheid is op die boonste verdieping en het 'n kombuisie en eetarea langsaan en beperkte uitsigte oor die Knysna-strandmeer en Featherbed Natuurreservaat. 'n Romantiese, knus en kleurvolle slaapkamer met 'n koningingrootte-bed, TV-area en volledige en suite-badkamer. Dié eenheid sal jou bekoor met sy oulike boheemse dekor. Dit beskik ook oor 'n privaat dek, lugversorging en 'n verwarmer. Geen kinders onder 12 jaar word in hierdie kamer toegelaat nie.

Footprints of Knysna is 'n entjie van die N2 af, maar net 5 minute se ry vanaf Knysna se gonsende middedorp, die waterfront, Thesen-eiland en die rustige Leisure Isle. Daar is 'n eklektiese verskeidenheid winkels, galerye en doendinge vir die nuuskierige reisiger. In hierdie bosdorp met sy omliggende strande, mere, berge, woude en riviere sal Footprints verseker dat vakansiegangers nooit verveeld raak nie.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels
  • Duits

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 34 resensies vir Footprints of Knysna
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Boekenhoutstraat 21, Upper Old Place, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Gaste dink Footprints of Knysna het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R840
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R840
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boekenhoutstraat 21, Upper Old Place, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 6
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5yMDCC19zpuisykrNOJphaUSQv6LGpl6SecP3pDDwrLpehxDg5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R840 per nag, vir 2 mense 34 5 1 5 21 Boekenhout Street Upper Old Place 6571 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-20:00 10:00 -34.037857793962 23.071171045303