LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Gaia Guest House and Healing Hydro | LekkeSlaap
+63

Gaia Guest House and Healing Hydro

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Diluta-rylaan 29, Sunset Beach, 7441, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 5
  • Vanaf R749 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Gaia Guest House and Healing Hydro is in die stil en spogbuurt Sunset Beach wat sentraal tussen Kaapstad, die Noordelike Voorstede en gewilde bestemmings langs die Weskus geleë is. Dit is minder as 10 minute se stap vanaf die Atlantiese Oseaan wat talle semi-privaat strande, rustige wandelpaadjies, ongelooflike sonsondergange en 'n verskeidenheid watersporte bied.

Selfsorgverblyf word in 2 VIP-suites en 2 ateljee-eenhede aangebied wat elk beskik oor 'n privaat en suite-badkamer en 'n kombuisie wat met 'n yskas, kookblad, mikrogolfoond en ketel toegerus is. Elke kamer het ook 'n slim-TV met Netflix en WiFi. Linne, bad- en strandhanddoeke word voorsien. Die suites het pragtige uitsigte, slaapplek vir 'n derde persoon, nog ruimtes waar gaste kan ontspan, 'n aangewese werk- of etenstafel, 'n gemaklike privaat sitarea en balkonne wat 'n uitsig oor die swembad het.

Daar is 'n gemeenskaplike sitarea op die grondverdieping wat gaste gratis mag gebruik, braaigeriewe en 'n osoonswembad wat geen chemikalieë het nie.

Gaia Guest House and Healing Hydro bied osoon-ontspanningspakkette, geneesbehandelings en masserings aan. Dit behels die halfdag Triple Ozone Package wat infrarooi-sauna, 'n Kneipp-bad, ozone-borrelbad, Vichy-stort, ozone-saunakapsule en masseerstoel insluit. Kies die Essential Vitality-pakket wat 'n hele dag se behandelings is, 'n afskilferende liggaamskrop en 'n kosdemonstrasie wat jy kan eet insluit. Bespreek die Pure Indulgence-pakket en geniet 'n vollyfmassering, 'n kopmassering en 'n oornagverblyf in een van die fantastiese VIP-kamers teen 'n spesiale prys.

Psigiese voorlesings, energiewerk, chakra-balansering, reiswerk, regressie en lewensafrigting is teen 'n addisionele kaste beskikbaar.

Gaia Guest House and Healing Hydro is die ideale bestemming om te ontspan, van stres ontslae te raak en vernuwe te voel.

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Spa-behandelinge
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 11 resensies vir Gaia Guest House and Healing Hydro
Netheid
4.5/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Diluta-rylaan 29, Sunset Beach, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Gaia Guest House and Healing Hydro het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R749
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R749
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Diluta-rylaan 29, Sunset Beach, 7441, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 5
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7a4140611fdc4d5b7b38e54cb72ef013104668429c0e263bacbd76660d1ae83476fe96ac6a479bd6219d661ce308e829a704?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R749  per nag (plek vir 2) 11 5 1 5 29 Diluta Drive Sunset Beach 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 16:00-18:00 10:00 -33.857034 18.494104
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem