Gansbaai Lodge and Backpackers
- Kapasiteit: 18 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandstraat 6, Gansbaai, 7221, Wes-Kaap
- Vanaf R530 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Gansbaai Lodge & Backpackers is in Gansbaai geleë en spog met 'n luisterryke uitsig oor die ou hawe en die see. Dit is ook stapafstand vanaf al die winkels en die kroeë.
Gansbaai Lodge & Backpackers bied puik verblyf vir studente, rugsakreisigers en onafhanklike reisigers wat op soek is na 'n geskikte jeugherberg. Die kamers is ruim en is nie oorbeset nie.
Die gesinslaapkamer is toegerus met 'n volledige en suite-badkamer, 'n ekstra-groot dubbelbed en 2 stapelbeddens. Elke slaapsaal het plek vir 4 gaste en daar is ook ateljee-suites met kombuisies, TV's en badkamers. Al die kamers het groot kaste en 'n skoonmaakdiens is ingesluit.
Gansbaai Lodge & Backpackers nooi besoekers uit om te ontspan, Kaapse gasvryheid te beleef en al die besienswaardighede in die omgewing te besoek. Doendinge in die omgewing: haaihokduik, vryval ("skydiving"), walviskyk, skuba-kursusse, toere na brouerye, kaas- en wynproe, staproetes na grotte en see-kajakvaarte. Ons bespreek graag enige van hierdie doendinge namens jou!
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Rene Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 17
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Strandstraat 6, Gansbaai, 7221, Wes-Kaap
- Gaste dink Gansbaai Lodge and Backpackers het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 18 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandstraat 6, Gansbaai, 7221, Wes-Kaap