Garden Route Villa
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Gousblomsingel 1446, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R7 500 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Garden Route Villa bied selfsorgverblyf ‘n paar meter van Kleinkrantz-strand af. Dis ook net 8 km vanaf Wildernis se middedorp met ‘n paar restaurante en winkels.
Dié villa het slaapplek vir 10 volwassenes en 3 kinders, en beskik oor 6 slaapkamers, 5 badkamers en ‘n oopplan-kombuis en -leefarea. Daar is 4 kamers met koninggrootte-beddens. Die vyfde kamer het ‘n dubbelbed en die sesde kamer het 2 stapelbeddens en 1 enkelbed vir 3 kinders. Daar is 2 gastetoilette, 2 kamers het losstaande baddens en 1 het ‘n en suite-badkamer met ‘n bad. Die ander badkamers het storte.
Die onderste en boonste verdieping het ‘n oopplan-kombuis en -leefarea. Elke kombuis het ‘n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei, breekware, 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die onderste eetarea het sitplek vir 8 en die boonste eetarea het sitplek vir 12. Die villa het 3 platskerm-TV’s met gratis WiFi is beskikbaar, maar nie DStv nie. Die balkon strek reg rondom die huis en bied ‘n uitsig op die berge en oor die meer, woud en see.
Die onderste leefarea lei na ‘n stoep met stoepmeubels, ‘n piekniekbankie en braaigeriewe. Die houtdek lei na die swembad waar daar ‘n eetarea, braaigeriewe en sonstoele is.
Die motorhuis bied parkeerplek aan 1 voertuig. Daar is ook ‘n afstandbeheerhek, buitestort en sekuriteitstelsel met sekuriteitstrale en gewapende reaksie.
Keinkrantz is ‘n kleinerige gemeenskap tussen die Indiese Oseaan, Wildernis se mere en die Outeniekwaberge. Kleinkrantz-strand is ‘n ongerepte sandstrand waar gaste kan valskermsweef, vlieërbranderry en seilplankry. Dis naby Wildernis Natuurpark, wat deel van die Tuinroete Nasionale Park vorm en waar luiperds, apies en arende voorkom.
Slaapplek
’n Bespreking by Garden Route Villa sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Televisie
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Ligging
- Gousblomsingel 1446, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Gousblomsingel 1446, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom