Gecko Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Gecko Cottage is 'n lieflike tuinwoonstel met 'n leefkamer, DStv en 'n sonnige woonvertrek en basiese selfsorgfasiliteite. Dis ideaal vir rustige dae ver van die huis af in 'n vreedsame en veilige omgewing, net minute van die kus met sy pragtige strande en kranspaadjies af.

Die luukshede wat jy kan verwag sluit kraakvars perkallinne, donsige handdoeke, sagte japonne en 'n haardroër. 'n Waaier bied lafenis wanneer dit warm is en die kamer het 'n eko-verwarmer. Warmwatersakke is ook beskikbaar. Die woonstel is lieflik versier met antieke meubels en plaaslike skilderye wat 'n spesiale atmosfeer skep.

Die selfsorgstasie het koffie- en teekoppies, basiese breekware, eetgerei, broodrooster, ketel en mikrogolf/konveksie-oond en 'n tweeplaat-gasstofie - perfek vir ontbyte en om ligte middagetes en happies voor te berei. Daar is ook 'n tafel buite op die bedekte stoep, omring deur die stil tuin en uitsigte oor die berge.

Geniet die vreedsame tuin en verken die nabygeleë Hemel en Aarde-vallei - die tuiste van bekroonde wynplase en restaurante. Dis slegs 2 minute se stap tot by die De Lau Welwees-sentrum. Daar is ook 'n klein Woolworths Food op by die Sandbaairobot.

Gecko Cottage bied stylvolle en bekostigbare akkommodasie vir oordeelkundige reisigers.

Slaapplek

'n Bespreking by Gecko Cottage sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Ekstras

  •  Kroegyskas
  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Duits

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Gecko Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za