Gelukkie By Die See

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Gelukkie By Die See is in Dwarswegstrand, net buite Groot -Brakrivier tussen George en Mosselbaai geleë. Die vakansie gevoel van hierdie pragtige, ruim strandhuis sal jou onmiddellik laat skoene uitskop!

Dié dubbelverdiepinghuis het 4 en suite-slaapkamers wat dit ideaal maak vir 'n paar gesinne om te deel. Die onderste verdieping is rolstoelvriendelik.

Die voordeur maak oop op het ’n ruim sitarea met gemaklike banke en ’n TV met dualview-DStv. Daar is 1 slaapkamer met ’n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met ’n stort op hierdie vlak, asook 'n kombuisie wat met ’n yskassie, ketel en breekware toegerus is. 'n Gastetoilet en 'n waskamer wat volledig toegerus is met 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër is ook op hierdie vloer.

Die boonste verdieping het ’n oopplan-leefarea. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, stoof, oond, skottelgoedwasser en breekware vir 16 persone. Die eetarea het 'n eetkamerstel en die sitarea het gerieflike banke en ’n TV met Dualview-DStv. Die binnebraai-area is net langs die kombuis-area, en die dubbelglasdeure daarnaas maak oop op die dek wat om die lengte van die huis strek.

Daar is ook drie en suite-slaapkamers op die boonste vlak. Die eerste kamer het ’n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met ’n stort en 'n bad. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met ’n stort, en die derde kamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met ’n bad.

Die huis het ’n dubbelmotorhuis en ekstra parkeerplek. Daar is ook ’n alarmstelsel in die huis.

Slaapplek

'n Bespreking by Gelukkie By Die See sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Gelukkie By Die See gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 000 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za