Gilly's Pearl
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Scenecio Circle 5031, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
- Vanaf R2 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Gilly's Pearl is 'n klein, gerieflike vakansiehuis met selfsorg-geriewe. Dit is ideaal geleë in 'n stil gedeelte met lieflike berguitsigte in Bettysbaai, net 5 minute se stap vanaf Silversand-strand en die duine waarop avonturiers sandplank ry.
Die huis is onlangs gebou en basies gemeubileer, en daar is nog nie 'n grasperk of 'n tuin nie. Die huis het slaapplek vir tot 8 gaste, ideaal vir 4 volwassenes en 4 kinders en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n opwaskamer, 'n oopplan-kombuis en -leefarea, en 'n lieflike dek buite.
Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 2 stapelbeddens in die derde slaapkamer. Hierdie 2 kamers deel 'n tweede badkamer met 'n stort.
Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en daar is 'n Espresso-koffiemasjien en 'n opwaskamertjie. Daar is ook 'n elektriese oond met 'n gasstoof en 'n mikrogolfoond. Verder is daar 'n klein TV en 'n DVD-speler in die derde slaapkamer. En 'n veerpyltjiebord, bordspeletjies. Die huis het binne- en buite-braaigeriewe.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Gillian Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 14
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Scenecio Circle 5031, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
- Gaste dink Gilly's Pearl het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Silversands Bettysbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Scenecio Circle 5031, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap