Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Glentana Spacious Beach House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gleniqua-rylaan 259, Outeniquastrand, Glentana, 6525, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R8 625 per nag (plek vir 11)

Beskrywing

Glentana Spacious Beach House is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis in Glentana. Dit is ideaal vir 'n groot gesin of 'n groep vriende en bied baie ruimte vir ontspan, sonbaai en kuier. Die huis spog met privaat strandtoegang via 'n kort voetpaadjie.

Die huis bied slaapplek aan 13 gaste en is ideaal vir maksimum 9 volwassenes en 4 kinders. Dit beskik oor 4 slaapkamers, waarvan die hoofslaapkamer op die boonste verdieping is en die res van die slaapkamers op die onderste verdieping. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet, asook 'n aparte instap-aantrekkamer. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en 'n toilet. Die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die vierde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, 'n driekwartbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n dubbelslaapbank in die vermaakkamer wat ideaal is vir 2 kinders. Skoon linne en handdoeke word voorsien.

Op die boonste verdieping is daar 'n ruim oopplan-kombuis, eetarea en verskillende sitareas. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n aparte waskamer met 'n wasmasjien, tuimeldroër en strykgeriewe. Die eetarea is ruim en het 'n etenstafel met sitplek vir 12. Die TV-kamer het gemaklike rusbanke en 'n TV met die volle DStv-pakket en die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n knus kaggel. Dit lei na die kuierarea wat 'n onderdakdek is, met groot rusbanke, 'n eetarea en 'n pool- en tafeltennistafel vir binnenshuise pret.

Die kuierarea lei na 'n dek met braaigeriewe. Gaste kan in die son baai en die uitsig oor die strand bewonder, terwyl die kinders kan hardloop en speel.

Veilige parkeerplek is op die perseel in 'n toesluitmotorhuis beskikbaar, maar daar is ook ekstra parkeerplek buite.

Die huis bied die ideale strandvakansie om nuwe herinneringe te skep omdat dit op die Tuinroete en naby die see geleë is. Gaste kan George se winkels, die Kangogrotte, volstruisplase, wynplase en aarbeiplase in die omgewing besoek.

Slaapplek

’n Bespreking by Glentana Spacious Beach House sluit in:

Dubbelbed Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 4 mense
1 xDubbelbed
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed Koninggrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 1 resensie vir Glentana Spacious Beach House
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
3.0/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.8/5

Nella Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 2

Jaar gelys 1

Ligging

  • Gleniqua-rylaan 259, Outeniquastrand, Glentana, 6525, Wes-Kaap
  • Gaste dink Glentana Spacious Beach House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R8 625
per nag (plek vir 11)
Vanaf
Vanaf R8 625
per nag (plek vir 11)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gleniqua-rylaan 259, Outeniquastrand, Glentana, 6525, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA16f19ac9ef3ab90c071051e25519230771164e1672ce1a9263cb7872225e02c445e4e94160f9b6a8fd16f9d7afa775bb5dc5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R8 625 per nag (plek vir 11) 1 5 1 5 259 Gleniqua Drive Outeniqua Beach 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.050015597855 22.285849993254
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem