De Rust Akkommodasie by Gumtree Manor | LekkeSlaap
+46
+46

Gumtree Manor

  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gumtree Manor, Stompdrift Water Resort, De Rust, 6651, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Hierdie drieslaapkamer-houthuis is in die Klein-Karoo tussen die Swartberge en die Kammanassieberge weggesteek en bied ongelooflike, asemrowende uitsigte oor die landskap. Kunstenaars, skrywers en digters op soek na inspirasie sal dit hier vind.

Hierdie knus kothuis is ideaal vir 'n romantiese naweekwegbreek, tog is die huis ruim genoeg vir 'n groep vriende of 'n gesin van 6 mense.

Wanneer jy instap sal die goed toegeruste, oopplan-kombuis en -eetkamer jou oog vang en verder lei deur die gerieflik gemeubileerde sitkamer na die ruim, skaduryke leefarea buite of die tipiese Karoo-stoep waar die uitsig jou asem sal wegslaan.

Die huis is baie gerieflik gemeubileer in 'n Kaap Cod-strandhuisstyl. Aan die een kant van die leefarea is die luukse en suite-hoofslaapkamer waar jy nie eers uit die bed uit hoef te klim om die wonderlike uitsig deur die glas-skuifdeur op die stoep te geniet die. Aan die ander kant van die huis sal jy die gastevleuel met sy eie badkamer en 2 slaapkamers aantref, waarvan 1 'n uitsig en toegang tot die stoep met 'n glas-skuifdeur geniet.

Agter is daar 'n heerlike boma-braaiplek wat beskut is teen die wind deur die huisie self en 'n halfmaan-skadunet. Verder is daar ook 'n privaat stel trappe wat maklike toegang tot die water bied waar gaste kan swem, visvang of bootvaart.

Slaapplek

’n Bespreking by Gumtree Manor sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 12 resensies vir Gumtree Manor
Netheid
4.4/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Gumtree Manor, Stompdrift Water Resort, De Rust, 6651, Wes-Kaap
  • Gaste dink Gumtree Manor het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gumtree Manor, Stompdrift Water Resort, De Rust, 6651, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDIwMTg1NDY5LWU0ODItNGI4YS05ZTYzLTgyZTA1YzFmMWE1OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (plek vir 6) 12 5 1 5 Gumtree Manor Stompdrift Water Resort 6651 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.511334226675 22.589459717192
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za