Happy Days
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Strandstraat 22, Keurboomstrand, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R850 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Happy Days is 'n instansie wat deur die eienaar bestuur word en naby die strand in Keurboomstrand geleë is. Dié instansie bied 2 selfsorg-eenhede wat ook saam bespreek kan word vir 7 gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreek uit die stad.
Verblyf word gebied in 2 Tuinwoonstelle, Stoepkamertjie en Happy Days-tuinwoonstel. Happy Days-tuinwoonstel het slaapplek vir 5 gaste en beskik oor 1 aparte slaapkamer, sitkamer met TV met Netflix en Youtube en 'n oopplan-slaaparea. Die eenheid het 'n kombuis wat goed toegerus is, 'n badkamer en 'n privaat patio met braaigeriewe.
Die tweede eenheid, Stoepkamertjie, beskik oor 'n oopplan-leefarea, 'n en suite-stort en 'n kombuisie wat basies toegerus is. Parkeerplek is op die perseel en in die straat beskikbaar. Die eienaars woon op die perseel en is byderhand as gaste hulp benodig. Daar is ook 'n TV met Netflix en Youtube. Let asb. dat Stoepkamertjie gerieflik is en alles het wat gaste sal nodig hê, maar dis klein en meer geskik vir korter verblyf.
Happy Days is net 'n minuut se stap van die strand af. Dit is ook 15 tot 20 minute se ry vanaf Monkeyland, Elephant Sanctuary, verskeie natuur- en wildreservate en Plettenbergbaai se middedorp. WiFi is beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Lee Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 57
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Strandstraat 22, Keurboomstrand, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink Happy Days het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Strandstraat 22, Keurboomstrand, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap