Harmonie Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Harmonie Gastehuis is 2 luukse selfsorg-eenhede wat 5 km buite Prieska, tussen die besproeiingslande, geleë is. Om hier oor te bly is 'n rustige ervaring met pragtige sonopkomste en sonondergange wat oor die lande vertoon word. Die gastehuis bied rustige, luukse oornag-geriewe vir mense wat verkies om nie in die dorp oor te bly nie.

Die 2 eenhede het albei en suite-badkamers wat elk 2 persone kan akkommodeer. Elke eenheid beskik oor 'n yskassie, mikrogolfoond, broodrooster asook koffie- en teemaakgeriewe. Lugversorging, volledige DStv en braaigeriewe rond elke eenheid af.

Kom en beleef die stilte van die Karoo.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Harmonie Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false