Hartenbos Landgoed 13

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hartenbos Landgoed 13 bied gemaklike selfsorgverblyf in 'n drieslaapkamerhuis in 'n 24 uur-sekuriteitslandgoed in Hartenbos. Die huis is ideaal vir groepe, vriende of gesinne. Die huis is in 'n doodloopstraat geleë en verseker dus privaatheid wanneer gaste in die tuin of op die patio ontspan.

Die huis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 solderkamer, 'n kinderkamer, 2 badkamers, en 'n oopplan-leefarea en -kombuis. Die hoofslaapkamer is op die grondvloer en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en is op die boonste verdieping wat op die berg en duine uitkyk. Die solderkamer is ook op die boonste verdieping en het 1 enkelbed. Die tweede slaapkamer en solderkamer deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die kinders se speelkamer het 'n enkelbed, 'n klomp kussings, 'n swartbord, tekenkryte en 'n TV met 'n DVD-speler.

Die kombuis is toegerus met 'n mikrogolfoond, elektriese stoof met 'n oond, potte en panne, en 'n elektriese braaipan. In die opwaskamer langsaan is daar 'n yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, droograk en strykgeriewe. In die leefarea is daar 'n TV met Premium DStv en 'n DVD-speler.

Die landgoed is omring deur duine wat met welige plantegroei bedek is en bied 24 uur-toegangsbeheer wat gaste se veiligheid verseker. Die landgoed het ook 'n gimnasium, 'n gemeenskaplike swembad, 2 trampoliens en klimrame vir kinders. Die strand is gerieflik naby die landgoed en die Langeberg Mall is net 6 km ver.

Slaapplek

'n Bespreking by Hartenbos Landgoed 13 sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Nagportier
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hartenbos Landgoed 13 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 550 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za