LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Haweweg 5 | LekkeSlaap
+25

Haweweg 5

4 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heidelaan 29, Struisbaai , 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 287 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Haweweg 5 is 'n selfsorghuis sonder fieterjasies. Dit is ideaal vir 'n gesin of groep vriende wat Struisbaai wil besoek. Dit is stapafstand van Hoofweg en die waterkant af en dit is ideaal vir aktiwiteite gedurende die dag. Dit is sowat 50 m van die hawe af.

Die huis het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Daar is slaapplek vir 8 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, wasbak en toilet. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed. Dié kamers deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Elke kamer het sy eie TV en linne word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n kisyskas, stoof, mikrogolfoond, ketel, skottelgoedwasser en wasmasjien vir ekstra gerief. Die kombuis lei na die eetarea met 'n etenstafel vir 6. Die sitkamer het baie sitplek, 'n platskerm-TV en 'n klanksisteem. Gaste kan hul eie DStv-dekodeerder of -slimkaart saambring.

Die ommuurde stoep het 'n binnebraai en skuifdeure na 'n dek in die skaduwee.

Maak gerus 'n draai by een van die restaurante en die kafee by die waterkant - laasgenoemde is stapafstand van Haweweg 5 af. Struisbaai is ook bekend vir al die doendinge wat hier te vinde is, soos visvang, perdry, stap, verfbal, vierwielmotorfietsry en duik.

Slaapplek

’n Bespreking by Haweweg 5 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 6 persone
3 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 4 resensies vir Haweweg 5
Netheid
4.3/5
Diens
4.8/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Heidelaan 29, Struisbaai , 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Haweweg 5 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 287
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 287
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heidelaan 29, Struisbaai , 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDAyNGVhOTE2LWRmM2MtNDRkYS05YTlhLTYyZWNmMzIzZTMzZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 287  per nag (plek vir 8) 4 5 1 5 5 Harbour Road Struisbaai 7285 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.801577 20.056456
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!