Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Haweweg 5

Selfsorg

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.2/5

Sanelle Geverifieer

Eiendomme 42

Resensies 69

Jaar gelys 8

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 5 resensies vir Haweweg 5
Netheid
4.4/5
Diens
4.8/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.6/5
Aldrin S - Mrt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Aldrin S
Gesin met tieners

Alles was perfek gewees behalwe die weer.

Ligging perfek, plek netjies en die agent, Sanelle Genade, was fantasties. Sal weer terugkom.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Le Roux R - Mrt 2019
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Le Roux R
Gesin met tieners

Oud, maar nog lank nie koud.

Dis die 2de keer wat ons in hierdie huis bly wat, ek dink, vanself spreek oor waarde vir geld. Die huis is wel nie meer vandag se kind nie en die afwerkings wys dit, maar die huislike gerief oortref by verre weg die voorkoms. Ons kon wel sien dat die eienaar opgraderings gemaak het en daarom bly dit ons nr 1 keuse. Hierdie keer het ons gevoel dat die huis nie heeltemal so skoon was soos die vorige keer nie. Daar was nog oorblyfsels op die kas soos die verwers die muur geskuur het en die tafeldoek het 'n groot vuil merk gehad. Dis egter al 'negatiewe' kritiek wat ek kan lewer. Wat die gerief van die huis betref, is die binnebraai met sy groot tafel verseker 'n lekker familie-kuier-vertrek en kan pappa die kinders weer op hulle plek kan sit met 'n potjie kaart of Catan. Die groot pooltafel het al sy balle gehad en die kinders het my laat wonder oor of hulle nie skelm op verkeerde plekke uithang nie. Die grootste voordeel van hierdie huis is sy ligging. Die tieners kon stap na waar hulle wou wees en kleinsus (10 jaar) kon tydig & ontydig 'opblasies' tot vervelens toe vang op die hawemuur. As jy wonder oor die verkeer - moenie bekommerd wees nie. Dit het ons glad nie gepla nie. Die bure is ook almal bedagsaam en ons is nooit gepla met laatnag geraas nie. Wat die veiligheid betref, dink ek nie enige iemand moet in vandag se tyd naïef wees nie, maar ons het nooit onveilig gevoel nie. Die skuifdeur was meestal effens oop sodat die koel seeluggie kon deur trek, maar ons sou bv. geen waardevolle items in die braaikamer los nie. Als inaggenome, sal ons weer Haweweg 5 besoek en beveel ek dit met 'n geruste hart aan. 'n Groot "thumbs up" aan die eienaar met 'n heerlike familie-kuier-huis.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Charl P - Feb 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Charl P
Saam met vriende

Dit was gemaklik en gerieflik vir ons.

Ons het Struisbaai besoek om vis te vang. Die huis se ligging was uitstekend vir toeganklikheid na die hawe-slegs 50m weg. Die huis self bied al die geriewe wat benodig word vir gemaklike verblyf. Die braai geriewe is fantasties al is die weer sleg, braai kon ons braai.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Haweweg 5 se terugvoer

Baie dankie, ons hoop om u gou weer te sien by Haweweg 5.

Haweweg 5
Rinie L - Jul 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rinie L
Saam met vriende

Lekker bederfhuis wat alles het in 'n vriendelike omgewing.

Dis naby alles is en het 'n snoesige huislike gevoel het vir lekker kuier saam met vriende. Dankie aan die eienaars dat julle hierdie lekker kuierhuis deel met ander. Alles wat nodig is, is daar en die kamers is so gemaklik. Dit is 'n absolute bonus dat dit stapafstand van die hawe af is en die manne het die visvang geniet.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Myrtle V - Sep 2015
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Myrtle V
Gesin met klein kinders

Dit was baie aangenaam.

Pragtige huis met genoeg kamers en genoeg slaapplek. Daar is ook 'n pragtige stoep met braaigeriewe. Kamers was ruim en skoon. Sal definitief weer daar gaan bly, Sanel was ook baie behulpsaam en professioneel. Dit was baie aangenaam en dit is voorwaar 'n pragtige plek met genoeg ruimte. Die ligging is fantasties!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Haweweg 5 se terugvoer

Hallo Myrtle
Baie dankie ons werk hard om ons standaarde te handhaaf. Ons is baie bly julle het dit geniet.

Haweweg 5
Vanaf
R2 928
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 928
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R2 928
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hawelaan 5, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9d24f8c5aed00e6482f5a5a0be6d8a978ce529448c8eb518cbd8535227c224c1276f360cb343110eadd51ea528ee39a4202a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 928 per nag (plek vir 6) 5 5 1 5 5 Harbour Road Struisbaai 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.801577 20.056456
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem