High Strand 38 by CTHA

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

High Strand 38 by CTHA is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige gebou in De Waterkant, Kaapstad. Hierdie woonstel is ideaal vir 4 persone wat op soek is na gemaklike verblyf naby die stadskern en talle besienswaardighede in die omtrek.

Hierdie smaakvol versierde woonstel beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Albei kamers is ingerig met 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort-oor-bad, 'n wasbak en 'n toilet. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, 'n oond en 'n stoof, asook 'n wasmasjien.

Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel en 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is skuifdeure wat toegang bied tot 'n balkon met lieflike uitsigte van die area. 'n Motorhuis is beskikbaar vir 1 voertuig en daar is 24 uur-sekuriteitsdienste.

High Strand 38 by CTHA is naby winkels, kroeë en restaurante in die stad en in Groenpunt. Die perseel is ook naby die CTICC (Kaapstad se konferensiesentrum), die Kunstekaap (Artscape Theatre) en die V&A Waterfront.

Slaapplek

'n Bespreking by High Strand 38 by CTHA sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na High Strand 38 By CTHA gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 625 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za