Hill House - 2 Bedroom

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hill House - 2 Bedroom is 'n selfsorgduplekswoonstel in die hartjie van De Waterkant wat omring is met restaurante, winkels en Cape Quarter. Dit is ook naby die V&A Waterfront en die middestad.

Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, breekware en eetgerei in. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV teen die muur. Gratis WiFi word ook voorsien.

Dit sitkamer en slaapkamer lei via groot skuifdeure na die balkon met 'n pragtige uitsig op Tafelberg. Die balkon het 'n eetkamertafel met sitplek vir 6, 2 sonstoele en 'n sambreel. Daar is 'n tweede balkon met nóg beter uitsigte, 'n sitarea en 'n koffietafel.

Slaapplek

'n Bespreking by Hill House - 2 Bedroom sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hill House - 2 Bedroom gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za