Hillcrest Manor Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hillcrest Manor Guesthouse is 'n B&B in Tamboerskloof, in die middestad van Kaapstad. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf en hartlike gasvryheid naby aan verskeie doendinge en besienswaardighede.

Daar is 6 slaapkamers in Hillcrest Manor Guesthouse met bekoorlike meubels. Die slaapkamers is ruim met 2 enkelbeddens óf 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort of 'n bad, wasbak en toilet. Geriewe in elke kamer sluit 'n TV met plaaslike kanale en M-Net, 'n plafonwaaier, verwarmer, koffie- en teemaakgeriewe en gratis WiFi regdeur die huis in.

Gaste kan 'n plaasstyl-ontbyt in die eetkamer geniet. Die gastehuis het ook 'n gemeenskaplike sitkamer, 'n dek met 'n swembad en uitsigte oor die stad en berge in die agtergrond. Gaste kan hier ontspan en kuier.

Parkeerplek is beskikbaar vir jou motor en 'n pendeldiens word ook aangebied. Hillcrest Manor Guesthouse het 'n geregistreerde toergids en is binne stapafstand van verskeie winkels en restaurante af, en net 'n kort entjie se ry van die stad se besienswaardighede soos Langstraat, Groenpunt, Clifton en Kampsbaai.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hillcrest Manor Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za