LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Hippoholiday | LekkeSlaap
+111

Hippoholiday

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seekoei 1812, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R650 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Hippoholiday bied selfsorgvakansie-opsies in Marloth Park. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n gerieflike bos-wegbreek na aan verskeie wildreservate en ander besienswaardighede.

Die huis is smaakvol ingerig en het 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-leefarea. Albei slaapkamers het 'n dubbelbed en lugversorging. Daar is 'n badkamer in die huis, maar daar is ook 'n onderdak-buitestort en -toilet.

Die kombuis is goed toegerus met 'n elektriese stoof en oond, 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, skottelgoedwasser (bring asb. jou eie seep) en ingeboude kaste met breekware, eetgerei en ander toebehore. Hippoholiday beskik ook oor geriewe soos lugversorging, 'n klein TV met sekere DStv-kanale. Indien gaste meer kanale soek kan jy jou eie slimkaart en eie dekodeerder saambring. Daar is nog 'n enkelbed vir 'n ekstra gas of kind. Let asb. op dat daar nie rivier-uitsig is nie, maar wel 'n uitkykpunt, 200 m van die eenheid af. Die huis het ook 'n staanwaaier in elke slaapkamer en 'n drieplaatgasstoof.

Hippoholiday Flat is 'n tweeslaapkamerwoonstel met lugversorging in elke kamer wat langs die hoofhuis geleë is. Die woonstel het 'n dubbelbed in elke kamer en het 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Die kombuisie is toegerus met 'n stoof, oond, yskas en 'n mikrogolfoond. 'n Klein TV met sekere kanale is beskikbaar. Die woonstel het ook 'n waaier in elke kamer en 'n eenplaatgasstoof. Daar is ook 'n plonspoel en boma-braai op die onderdakstoep.

Daar is ook 'n lekker boma en klein lapa waar gaste langs die vuur kan ontspan.Gaste moet asb. onthou om hul eie handdoeke saam te bring.

Neem kennis dat daar nie 'n rivier-uitsig van die verblyf af is nie, maar daar is 'n uitkykpunt 200 m van die verblyf af.

Hippo holiday het 'n plonspoel vir diegene wat 'n bietjie wil afkoel.

Hippoholiday is stapafstand vanaf die Krugerwildtuin.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Televisie

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 13 resensies vir Hippoholiday
Netheid
4.6/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Seekoei 1812, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Hippoholiday het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R650
per nag (plek vir 4)
Vanaf R650
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seekoei 1812, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAoyqnWCGom6wmEPdvAfp0l7N74NKNBGewSRYD1LfPukskVjjluJ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R650  per nag (plek vir 4) 13 5 1 5 Seekoei 1812 Marloth Park 1321 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -25.33643 31.77883
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!