Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hippoholiday

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Sharon Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 39

Jaar gelys 7

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 39 resensies vir Hippoholiday
Netheid
4.6/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5
Manda O - Apr 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Manda O
Saam met eggenoot / lewensmaat

Awesome, en so lekker gekuier in die bosveld.

Ons het 'n awesome paar dae gehad. Ons het vriende saam gehad en die vrou was nog nooit in die wildtuin en so baie diere gesien wat tot op jou voorstoep kom nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Wynand L - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Wynand L
Gesin met klein kinders

Rustigheid en rus vir jou siel.

Die verblyf was perfek gewees. Netjies, skoon en rustig. Sal dit ten sterkte aanbeveel vir enige iemand.

  Nuttig  (1)
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Ashley D - Okt 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Ashley D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Perfect peace in one with the wildlife.

An absolute lovely, affordable stay so close to the wildlife around you and within walking distance to the Kruger Park viewing deck. Well done!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Martie S - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Martie S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik, heerlik!

Baie netjiese plekkie. Alles wat nodig is, is daar. Tot voorsiening vit beurtkrag! Gasstofie, lamp en spesiale gloeilampies. Ook wasmasjien. Eienaar baie vriendelik en behulpsaam. Dankie Gert en Sharon. Dit was heerlik so tussen al die diere wat kom kuier het.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Hippoholiday se terugvoer

Dankie Martie. Was so lekker om julle te ontmoet. Watter wonderlike mense. Bly julle het lekker gekuier. Ons mis julle al klaar.

Hippoholiday
Maryke S - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Maryke S
Gesin met klein kinders

Het lekker gekuier en baie diere om die huis was 'n fees.

Ek en my man en twee van ons dogters met hulle kinders en mans was daar, die drie eenhede het goed gewerk.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Hippoholiday se terugvoer

Baie dankie. Bly julle het lekker gekuier. Die diere mis julle. Kom kuier gou weer asb.

Hippoholiday
Elize C - Jun 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Elize C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons het baie lekker in Marloth Park gekuier. Dit was baie lekker om al die diere van naby te sien!

Sharon is 'n baie spesiale gasvrou. Sy het van die begin af moeite gedoen om seker te maak ons voel welkom.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Hippoholiday se terugvoer

Dankie Elize vir die mooi resensie. My gaste is my hoogste prioriteite. Ek hoop julle kom kuier gou gee.

Hippoholiday
David B - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
David B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Skoon en rustig.

Paaie kan so bietjie geskraap word. Goeie ligging en rustig.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Hippoholiday se terugvoer

Stem saam. Maar ek móét sê hulle het die paaie geskraap.. Toe kom die reën.. Máár hulle is nou wéér besig om paaie reg te maak. Benoni het meer potholes as marloth. Kom kuier gou weer

Hippoholiday
Michael K - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Michael K
Gesin met tieners

Het dit baie geniet.

Baie lekker plek om te slaap by Hippoholiday. Loopafstand vanaf die Krokodilrivier. Klomp diere het kom hallo sê. Sal enige tyd weer daar gaan slaap. Kan dalk net kyk om 'n stainless steel rooster by die braai-area te sit. Die een wat daar was, is nogals heelwat geroes. Het bietjie gesukkel om die roes af te kry en skoon te maak, maar verder was alles 100%. Het dit baie geniet.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Hippoholiday se terugvoer

Bly julle het lekker gekuier. Ek gee aandag aan die braai. Kom kuier gou weer asb. Groete

Hippoholiday
Vera P - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Vera P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Bos op sy beste!

Baie dankie vir die gasvryheid, ons het so lekker ontspan. Als was perfek, skoon, netjies, ligging is naby die rivier - naggeluide - leeus wat brul, hyena en ons gunsteling - naguiltjies.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Hippoholiday se terugvoer

Baie dankie Vera vir die pragtige review.. Ook wil ek jou bedank dat jy ons plekkie so pragtig en skoon gelos het. Julle is gaste 1000.. Hoop om julle spoedig terug te verwelkom..

Hippoholiday
Carine S - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carine S

Dit was absoluut awesome. Baie dankie!

Vir ons gaste van England was al die diere wat kom besoek afle het 'n treffer. Hulle was stom verbaas en mal daaroor. Van 2 jaar oud (jongste) tot 83 jarige (oudste) almal het dit terdeë geniet. Baie dankie Sharon vir al julle moeite. Ons waardeer hoor. Sien weer!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Hippoholiday se terugvoer

Baie dankbaar julle het die tydjie hier geniet. Die diere mis julle. Kom kuier gou weer asb.

Hippoholiday
Rickey H - Mrt 2023
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rickey H

Heerlike naweek-wegbreek teenaan die Kruger.

Ons het al 3 huisies by Hippoholiday bespreek vir 'n groot groep. Dit is volledig toegerus en bied als en meer wat nodig is om tuis te voel. Sharon was uitstekend en was konstant in kontak van die oomblik wat ons bespreking gemaak is, en het dadelik gehelp met enige probleme. Ons het heerlik gekuier en ontspan in die swembad. Die huisies is ruim en die kuier-areas lekker gesellig. Iets waarna dalk gekyk kan word, is die elektrisiteit. Die 3 huisies se geysers, lugverkoelers en stowe kan nie gelyktydig gebruik word nie, andersins is daar 'n onderbreking in die kragtoevoer. Ons was menigmaal sonder elektrisiteit en moes onder mekaar "skeduleer" wanneer die geysers en oonde gebruik gaan word.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Hippoholiday se terugvoer

Baie dankie..Baie bly julle het heerlik gekuier.. Sal aandag gee.. Soos ek genoem het dit was die 1 ste keer dat die krag so foutief was.. Van jul probleme was ook agv loadsheding.. Nie eens oor Desember het ons enige probleme gehad nie en al die eenhede was ten volle vol bespreek oor die hele Desember.. Ek het wel uitgevind dat daar 'n kabel fout was op ons lyn agv loadsheding wat die probleme veroorsaak het.. Maar ek sal aandag gee

Hippoholiday
Andre S - Feb 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Andre S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons het regtig baie lekker gebly ten spyte van al die reëns, vloede en oorstromings.

Ons kan net dankie sê aan Sharon wat ons ten alle tye op hoogte gehou het van al die gebeure. Kommunikasie en inligting van haar af was uitstekend. Die huis was werklik 'n plesier om in te kon bly. Alles maar alles wat mens kon nodig hê was daar. Dankie Sharon.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Hippoholiday se terugvoer

Dankie André. Jammer oor die baie reën. Kom kuier gou weer, en veilig terug ry Natal toe.

Hippoholiday
Francisca C - Jan 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Francisca C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Awesome natuurlewe by jou voorstoep.

Hippoholiday kan aanbeveel word vir twee mense tot vir 'n gesin wat die mooi natuur van die lewe wil kom beleef. As jy lief is vir die natuur; wild dan is dit die regte plek om te kies en naby genoeg aan Kruger Nasionale Park.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Hippoholiday se terugvoer

Dankie my liewe vriendin. Lief jou baie.

Hippoholiday
Martherié F - Nov 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Martherié F

Een vir die boeke!

Heerlike wegbreek! Sal beslis weer by Hippoholiday boek. Het baie lekker gebly, geen klagtes!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Hippoholiday se terugvoer

Baie dankie. Hoop jy kom kuier gou weer. Julle was uitstekende gaste en het my plek so mooi en netjies gelos. Groete, Sharon

Hippoholiday
Jorina V - Nov 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jorina V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik gebly en die "spash pool" was 'n bonus.

Kommunikasie tussen eienaar en ons was regtig besonders en aangenaam (die beste in vergelyking van enige ander plek waar ons al gebly het). Ons was tot gereeld ingelig oor die "loadshedding" tye. Die woonstel was baie netjies, skoon en baie gerieflik ingerig met alles wat ons nodig mag hê. Ons sal vir seker weer daar bly met ons volgende besoek. Hippoholiday is ons nuwe gunstelingplekkie wat ons ontdek het.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Hippoholiday se terugvoer

Baie dankie vriendin vir die mooi terugvoering. Hoop julle kom gou weer kuier.

Hippoholiday
Mike C - Okt 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mike C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Establishment was clean and we did not need to ask for anything. Lots of 4 legged friends came to visit. Sharon and Gert were great, super friendly and accommodating.

Marloth is great for private lodge-type sightings on a budget. Bar the Rhino, we saw the big 5 in the first 24 hours. The places we have stayed at have suited our pockets and the owners have been super friendly.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Hippoholiday se terugvoer

Thank you for the great review. It was so nice meeting you. You were great guests. The animals are waiting for you.

Hippoholiday
Johan D - Jul 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Vreeslik lekker.

Het vreeslik lekker gekuier, rustig in die bos. Die hiëna wat roep in die nag was baie mooi.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Hippoholiday se terugvoer

Baie dankie Johan. Was so lekker om julle persoonlike te ontmoet. Hoop julle kom kuier gou weer.

Hippoholiday
Thomas N - Jul 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Thomas N
Saam met vriende

Baie die diere geniet.

Behalwe vir die kameelperde en sebras, het baie van die ander boksoorte kom kuier. Baie mak en het uit ons hande geëet.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Hippoholiday se terugvoer

Baie bly julle het lekker gekuier.

Hippoholiday
Linda G - Mei 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Linda G
Saam met eggenoot / lewensmaat

'n Regte bosveld vakansie met waarde vir geld.

Sharon was heeltyd beskikbaar met raad en hulp aangesien dit ons eerste vakansie by Marlothpark was. Die huis is netjies ingerig en super huislik. Sharon het aan alles gedink in die huis van dubbel plugs. Plek is skoon en netjies en alles was beskikbaar van braaitange tot steak messe.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Hippoholiday se terugvoer

Dit was net 'n groot plesier om julle te huisves. Kom kuier gerus weer.

Hippoholiday
Nicky B - Mei 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Nicky B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker.

Hippoholiday het aan al ons vereistes voldoen. Is nie die luukste plek nie, maar was skoon en als wat nodig was was daar. Sharon het voor die tyd met ons reëlings getref en sy was uiters gasvry en behulpsaam. Ons het die boma geniet en die laaste oggend het 'n klomp bokkies en 'n koedoe ons kom verras.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Hippoholiday se terugvoer

Baie dankie. Ek is so bly julle het lekker gekuier.

Hippoholiday
Collene H - Apr 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Collene H
Gesin met klein kinders

Klein juweel in die bos.

Ons het lekker gebly, die huisie is baie goed ingerig en gemaklik om in te bly. Die skottelgoedwasser is 'n groot bederf! Sal weer daar bly.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Hippoholiday se terugvoer

Baie dankie. Ons probeer altyd aan ons gaste behoeftes te voldoen.
Kom kuier gou weer asb.
Groete
Sharon

Hippoholiday
Elna S - Mrt 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elna S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Awesome.

Ons het al die diere in Marlothpark gesien. Fantasties.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Hippoholiday se terugvoer

More Elna,
Baie dankie.
Kom kuier gou wéér.
Groete Sharon

Hippoholiday
Linda V - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Linda V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ek sal dit enige tyd aanbeveel. Dis baie privaat, netjies en die diere wat kom inloer maak dit nog meer spesiaal.

Aangename kuiertije, met die swembad en die diere wat bly kom inloer. Ons het dit so geniet. Die koedoes se inloer die eerste oggend was ’n groot verrasing. Hulle is mak en ons kon goeie foto's en herinneringe met ons saambring.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Hippoholiday se terugvoer

Dankie vir jou positiewe terugvoer. Bly julle het lekker gekuier en die diere baie geniet. Hoop julle kom gou weer kuier.

Hippoholiday
Cecilia B - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cecilia B
Gesin met tieners

Skoon, gerieflik en netjiese verblyf.

Soos altyd heerlik gekuier en die eienaars persoonlik ontmoet. Aangenaam en vriendelik. Baie behulpsaam.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Cathy V - Jul 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cathy V
Gesin met klein kinders

Sharon van Hippo Holiday is 'n juweel. Ons het 5 nagte gebly en het gewens ons kon nog 5 nagte bly. Die huis is ruim en volledig met alles toegerus wat mens kan nodig hê en nog meer. Ons het sebras, vlakvarke, koedoes, rooibokke, blou wildebeeste en bosbokkies in die erf rondom ons gehad. Wat 'n ongelooflike ondervinding. Ander diere soos olifante sien jy sommer van die draad af wat die Kruger skei van Marloth Park, deur die Krokodilrivier. Daar was twee nagte na mekaar leeus en luiperds oorkant.

Almal wat met 'n gewone sedan gaan ry, wees net asb. versigtig, die grondpaaie is baie rof. Dit is steeds moontlik met 'n sedan (soos in ons geval), ry net stadig en geduldig. Ek sou egter 'n voertuig aanbeveel met 'n beter grondhoogte. Die paaie behoort jou egter nie te weerhou van hierdie ongelooflike ondervinding nie. Jonk en oud sal dit geniet. Dankie weereens aan Sharon vir jou gasvryheid. Die huis was perfek skoon en netjies en die lapa met braai was 'n droom. My advies: bespreek nou.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Hippoholiday se terugvoer

Baie dankie dankie vir die positiewe terugvoering.. Julle voel soos familie.. Jammer oor die paaie.. Ons het Februarie 500 mm reën gehad en ons wag nog steeds vd munisipaliteit om paaie te herstel en te skraap.. Dienste landswyd sleg.... of bestaan net nie . Mis julle al klaar

Hippoholiday
Jannete B - Apr 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Jannete B

Asemrowend.

Het baie lekker gekuier.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Hippoholiday se terugvoer

Dankie vriendin. Kom kuier gou weer.

Hippoholiday
Cjm ( Ria ) T - Okt 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cjm ( Ria ) T
Gesin met tieners

Lekker gebly, rustige goed ingerigte plek.

Stel voor dat behuising wat nie aan Eskom-krag gekoppel is nie voortydig gelaai word met ten minste R300.00 eenhede veral in die somer en die verhuringskoste dien ooreenkomstig aangepas word. Marlothpark se paaie/strate is afgryslik onrybaar. Almal is nie meer so jonk en gesond om so geruk en gepluk te word nie. Sterkte vir die eienaars om nie besigheid te verloor a.g.v. van slegte paaie nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Hippoholiday se terugvoer

Baie dankie Ria.
Goeie voorstel oor die krag, dankie.
Jammer oor die paaie, dit was geskraap en toe kry ons 90 ml reën waarvoor ons baie dankbaar was, maar toe verspoel die paaie weer. Nou weer mooi geskraap.
Groete, Hippoholiday

Hippoholiday
Francois P - Aug 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Francois P
Gesin met tieners

Die wegbreek by Hippoholiday was fantasties.

Die plekkie het alles wat jy nodig het en alles was baie gemaklik. Die eienaar was ook baie behulpsaam en vriendelik. Sal enige tyd weer teruggaan.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Hippoholiday se terugvoer

Dit was 'n voorreg om sulke wonderlik gaste in ons plekkie te kon ontvang. Kom kuier asb weer.
Groete,
Sharon

Hippoholiday
Mariane V - Jun 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
5/5
Mariane V
Gesin met tieners

Een heerlike, rustige fees. Net wat ek nodig gehad het!

Sharon, baie dankie vir jul gasvryheid. Dankie dat julle julle stukkie bosveld met ons gedeel het. Ons het lekker gekuier en heerlik gerus.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Hippoholiday se terugvoer

Baie dankie my liewe vriendin, jy het 'n sussie geword vir my. So bly julle lekker gekuier en hoop om julle gou weer te kan ontvang.
Liefde groete

Hippoholiday
Mandy F - Okt 2018
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Mandy F
Gesin met klein kinders

Home away from home.

The Lapa and swimming pool are awesome, neat and clean. Great value for money and hostess Sharon is a very sweet and kind person. Have stayed in the flat and the house, both great.

Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.

Huis weg van die huis af.

Die lapa en swembad is awesome, netjies en skoon. Goeie waarde vir geld en die gasvrou, Sharon, is baie oulik en vriendelik. Het al in die woonstel en die huis gebly en albei is lekker.

Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Hippoholiday se terugvoer

My guests become my friends. I will always do my best for my guests.

Hippoholiday
Chris M - Sep 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Chris M
Gesin met tieners

Ons het lekker gekuier by Hippoholiday. Dis loopafstand van die uitkykpunt.

Die woonstel kort net 'n mikrogolfoond en 'n swembad.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Hippoholiday se terugvoer

So bly julle het julle tydjie geniet. Ons gaan hierdie naweek 'n swembad bou by die woonstel, sal ook kyk na 'n mikrogolf.

Hippoholiday
Melany T - Aug 2018
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Melany T
Gesin met tieners

A pleasant stay.

We stayed in the flat which was spacious and clean, the surroundings are great and we had a lovely patio outside with a braai. The owners of the property sent daily updates on any animal sightings along the river front. Sharon was wonderful and assisted us with towels as we had forgotten to pack them. I would certainly stay there again.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Mandy F - Jul 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Mandy F

Netjies en skoon.

Die woonstel is gerieflik en baie mooi netjies. Almal baie vriendelik. Ons sal beslis weer daar gaan bly.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Lana V - Jul 2018
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Lana V
Gesin met klein kinders

Baie mooi omgewing, maar die flat is nogal klein. Huis is 'n beter opsie.

Dit is 'n baie mooi en rustige omgewing en ons het baie diere gesien, beide in Marloth Park en deur uit te kyk vanaf Marloth Park in die Kruger Park. Baie mooi staproetes en plek om te draf en fiets te ry. Die eienaars was baie hulpvaardig en vriendelik en het 'n probleem met elektrisiteit baie vinnig opgelos. Hulle stuur ook inligting aan oor dinge wat in die omgewing gebeur. Oor die algemeen het ons lekker gebly. Die flat se kombuisgedeelte is egter baie klein. Daar is nie genoeg werkoppervlak of spasie in die kombuis nie. Die een kamer het ook nie 'n hangkas nie. Die klein spasie maak dat die verblyf ongerieflik raak na 'n paar dae, veral met 'n gesin van 4. Die flat is baie kleiner as die huis. Hulle verwag ook volgens die reëls van die flat dat die voortuin gebruik moet word en nie die agtertuin nie. Wees dus gewaarsku: die meeste foto's met diere is in die agtertuin geneem. Die voortuin loop uit op die pad en diere loop wel daardeur, maar gras word agteruitgesit en diere vertoef langer daar. Die agtertuin is groter en het 'n groot boma en 'n gedeelte waar diere gelok kan word sodat mens hul van nader kan bekyk. Dis baie oulik, maar net vir die huis bedoel en nie die flat nie. Ek sou dus Hippoholiday aanbeveel en die flat alleenlik indien dit net vir 'n paar dae is.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Annie D - Mei 2018
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annie D
Saam met vriende

Heerlike verbyf, lekker naby die rivier.

Die verblyf was heerlik. Dit was lekker om so naby die rivier te wees en die diere wat so rondom ons was. Spesiale aandag en moeite. Ons sal beslis weer by Hippoholiday gaan kuier.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Nadine L - Mei 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nadine L
Gesin met klein kinders

Dit was lekker rustig!

Sharon was so great om te help wanneer jy vasbrand. Baie vriendelik. Sal vir seker weer teruggaan.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Tobie M - Mei 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tobie M

Netjies en gerieflik. Lekker kuierplek en goeie ligging. Sal weer gaan.

Dis netjies en goed toegerus. Ligging in Marloth Park baie goed. Lekker naby uitkykpunte oor wildtuin. Sal beslis weer gaan.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Ronine K - Mrt 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ronine K

Fantasties!

My ouers het by my kom kuier vir 2 weke vir my ma se verjaardag en ek wou hulle verras met 'n lekker verblyf in die middel van nêrens. Ek het my besluit gemaak op grond van 'n vorrige resensie en kon nie vir beter gevra het nie. Sharon was van die begin af in kontak met my en al my vra geduldig beantwoord. Sy het ook talle aanbevelings gemaak vir safaris en lekker eetplekke naby die verblyf en ons kon met 'n geruste hart kuier, want alles was letterlik 'n klipgooi van ons af. Alles was presies soos op die foto's, met 'n ekstra bonus, die swembad wat 'n dag voor ons aankoms voltooi en vol gemaak is. Ons het vele besoekers vanuit die natuur gehad wat kom inloer het, wat by gedra het tot daai ekstra spesiale bosveld ervaring. Ek sal die Hippo Huisie waar ons gebly het vir enige iemand aanbeveel. Ek sal vir seker weer daar kom bly in die toekoms.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Yolandé H - Jan 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Yolandé H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dis beslis 'n ervaring wat elke een Moet probeer!

Die diere kom letterlik na jou toe. Die afskeid neem was geweldig moeilik. Daar's 'n vrede en rustigheid wat jy daar kry. Sal dit beslis aanbeveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Hippoholiday se terugvoer

Frans en Yolandé was vreemdelinge, maar het as vriende weggegaan. Ons mis julle al klaar, om nie eers van die diere te praat nie. Julle was wonderlike gaste. Ons hoop om julle gou weer daar te ontvang. Julle het in ons harte in gekruip.

Hippoholiday
Vanaf R600
R600 R510
per nag (plek vir 2)
Vanaf R600
R600 R510
per nag (plek vir 2)
Vanaf R600
R600 R510
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seekoei 1812, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA89f00b0de1c680d1054489fd2e1559f62f5945cd5ecb9748775b0f67781db214d1d017b56959f9919f953b9c0aae7cd6fabe?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R600 nouVanaf R510 per nag (plek vir 2) 39 5 1 5 Seekoei 1812 Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -25.33643 31.77883
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem