Holly Tree Franschhoek Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Holly Tree Franschhoek Accommodation is 'n luukse selfsorgwoonstel in die bekoorlike dorpie Franschhoek wat net 80 km oos van Kaapstad in die skilderagtige en wêreldbekende Kaapse Wynlande geleë is. Die woonstel is smaakvol en goed ingerig en dis in die veilige Sorbonne-kompleks, net 300 m van Franschhoek se hoofstraat af, geleë.

Hierdie luukse woonstel op die grondvloer bied slaapplek vir tot 4 gaste en dit beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetkamer. Die hoofslaapkamer bevat 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en verhitte handdoekrelings. Die kamer het lugversorging, 'n haardroër en 'n plasma-TV met sekere satelliet-kanale. Die tweede slaapkamer bevat 2 enkelbeddens en dit het gebruik van 'n badkamer met 'n stort en verhitte handdoekreling.

Die kombuis is ten volle toegerus met moderne toebehore, insluitende 'n mikrogolfoond en skottelgoedwasser. Daar is 'n wasmasjien en tuimeldroër in die motorhuis. Die eetkamerarea bied 'n houttafel met 4 stoele. Die sitkamer het lugversorging, 'n platskerm-TV met satelliet-kanale en 'n DVD-speler, asook 'n gaskaggel. Die leefarea lei na 'n privaat patio en tuinarea met buitemuebels en 'n sambreel.

'n Toesluitmotorhuis en ’n veilige, oop parkeerplek beskikbaar. Gaste kan vooraf reël om beperkte WiFi te hê en 'n daaglikse skoonmaakdiens kan ook teen ekstra koste versoek word.

Sorbonne het 'n gemeenskaplike swembad en 'n tuinarea. Dit is slegs 10 minute se stap na bekroonde restaurante, kunsgalerye, boetieks en nog meer af.

Slaapplek

'n Bespreking by Holly Tree Franschhoek Accommodation sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Kaggel
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Holly Tree Franschhoek Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za