Holt Hill

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Holt Hill is 'n pragtige woudplaas sowat 10 km vanaf Robberg se Blouvlagstrand in Plettenbergbaai. Die plaas bied groot oop ruimtes, 'n natuurlike tuin, 'n huis wat kunstig versier is en 'n uitsig op die Outeniekwaberge.

Die verblyf beskik oor 5 eenhede. Vier van die eenhede bied slaapplek vir 2 gaste en die laaste eenheid is geskik vir gesinne en bied slaapplek vir 6 gaste.

Gaste kan gerus van die gemeenskaplike kombuis en eetarea gebruik maak. Daar is 'n groot boma wat geskik is vir vreugdevure sodat gaste saans tot laat rondom die vuur kan kuier. Twee vriendelike Duitse herdershonde woon op die perseel. Hulle hou baie van nuwe mense.

Die gasheergesin is kunssinnig en geniet die plesiertjies van die lewe op 'n plaas terdeë. Hulle bestuur 'n besigheid wat handgemaakte Venesiese maskers vervaardig, asook 'n klein Belgiese sjokoladewinkel wat 'n prettige atmosfeer op die plaas skep.

Gaste kan roofvoëls beleef en oor hulle natuurlike habitat leer by Radical Raptors oorkant die pad. Daar is ook verskeie besienswaardighede vir natuurliefhebbers soos Plettenbergbaai se olifantbewarea en Birds of Eden.

Plettenbergbaai is net 6 km ver en bied uitstekende restaurante en vermaak. Knysna is 20 km ver en is 'n goeie roep vir 'n daguitstappie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Holt Hill gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R415 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]