Silversands Akkommodasie by Honey's Rest | LekkeSlaap
+14
+14

Honey's Rest

Selfsorg
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Clarence-rylaan 2662, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Honey's Rest is 'n ruim vakansiehuis vir 8 in Glentana. Dis net 500 m van die strand af.

Die lieflike huis beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Linne en badhanddoeke word voorsien. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-stort. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en die laaste kamer het 2 enkelbeddens en 'n stapelbed. Dié 2 kamers deel 'n badkamer met 'n bad en 'n toilet.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, yskas, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet.

Die sitkamer het 'n knus kaggel en 'n TV. DStv is op versoek en teen 'n ekstra koste beskikbaar. Gaste kan ook in die speletjieskamer met 'n binnebraai ontspan. WiFi is ook beskikbaar. Die huis het 'n alarmstelsel.

Die kuierarea maak op 'n groot stoep oop en gaste kan op die dek op die eerste verdieping ontspan. Dié dek het 'n berguitsig en 'n gedeeltelike see-uitsig. Troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word.

Slaapplek

’n Bespreking by Honey's Rest sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed Stapelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xStapelbed

Kenmerke

Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Ligging

  • Clarence-rylaan 2662, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Clarence-rylaan 2662, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA02371f47bb1137a6036dd9efa08669d5b572c60ca1276b188e0164de2a07e5fd2546e3311cf86267de49fc132c401b243983?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 000  per nag (plek vir 8) 2662 Clarence Drive Betty's Bay 7141 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.367865 18.881364
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za