Horizon Bay 1202

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Kry 20% af. Geldig vanaf 24 Okt 2019 tot 14 Des 2019.

Beskrywing

Let asb. daarop dat Horizon Bay se interieur vir die volgende 3 maande opgeknap gaan word en die voordeur dan nie toegangklik sal wees nie.

Horizon Bay 1202 is 'n selfsorgwoonstel in Bloubergstrand, 'n buurt met 'n pragtige uitsig op Tafelberg. Dis ook die ideale bestemming vir diegene wat Kaapstad en die omliggende area wil verken. Die goue strand is perfek vir watersport soos seilplankry en vlieërplankry en daar is doendinge soos vierwielmotorfietsroetes, voetslaan, inkopies en restaurante in die omgewing.

Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kamer het ook 'n platskerm-TV en 'n skuifdeur na die balkon. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 driekwartbeddens. Daar is 'n stort-oor-bad, toilet en wasbak in die gastebadkamer.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n wasmasjien en tuimeldroër. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike rusbank, 2 leunstoele en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi word voorsien.

Let asb. daarop dat die swembad slegs oor naweke gebruik mag word.

Die leefarea bied toegang tot 'n lieflike balkon met 'n tafel en sitplek vir 6 gaste en gasbraaigeriewe. Gaste kan ook die stad- en see-uitsigte geniet.

Slaapplek

'n Bespreking by Horizon Bay 1202 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Horizon Bay 1202 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 593 R2 075 per nag (plek vir 6)

Kry 20% af. Geldig vanaf 24 Okt 2019 tot 14 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za