Horizon Blue
Kry 30% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 09:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Anchorsingel, Panorama 1, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R2 500R1 750 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Horizon Blue bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n tweeslaapkamerwoonstel in 'n luukse kompleks naby Plettenbergbaai se hoofstraat. Die ligging bied maklike toegang tot winkels en restaurante. Dis ook net 1 km vanaf Plettenbergbaai se sentrale strand en 1,5 km vanaf Lookout Beach. Gaste kan 'n lieflike uitsig oor die baai in die rigting van die Tsitsikammaberge in die noorde geniet, waar veral die sonsopkoms ongelooflik mooi is.
Dié woonstel is smaakvol versier en beskik oor 2 slaapkamers. Daar is slaapplek vir 5 volwassenes en 1 kind. Die eerste kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Dié kamer het ook 'n Juliette-balkon met 'n see- en berg-uitsig. Die tweede kamer bestaan uit twee dele waarvan die eerste deel 'n enkelbed met 'n uittrekbed het en die tweede deel 2 enkelbeddens het en na die gemeenskaplike tweede badkamer met 'n stort lei.
Die leefarea het 'n TV met sekere DStv-kanale en lei na die eetarea wat weer na die balkon lei vanwaar gaste 'n lieflike uitsig oor die see en op die berge kan geniet. Die selfsorgkombuis is toegerus met potte, panne, 'n mikrogolf, yskas, oond, stoof, koffiemasjien, ketel, broodrooster, skottelgoedwasser en wasmasjien. Die woonstel bied ook onbeperkte WiFi en daar is tee, koffie, suiker, melk, sout, peper en olie in die kombuis met aankoms. Komplimentêre toiletware word ook voorsien.
Slaapplek
’n Bespreking by Horizon Blue sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Konferensiegeriewe
- DVD-speler
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Anchorsingel, Panorama 1, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 09:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Anchorsingel, Panorama 1, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom