House of Art
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kerkstraat 6, Haenertsburg, 0730, Limpopo
- Geen kinders onder 12
- Vanaf R950 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
House of Art is 'n bekoorlike kunstenaarshuis wat verblyf vir 4 gaste in die prentjiemooi dorpie, Haenertsburg, net 57 km vanaf Polokwane bied. Die gasheer is 'n keramiek- en glaswarekunstenaar en die naam van die huis is 'n voorsmakie van die kreatiwiteit wat gaste binne, buite en rondom die huis sal vind. Gaste kan kom inspirasie put uit die kunstige styl en selfs 'n keramiek werkswinkel bywoon.
Verblyf word in 2 gastekamers aangebied. Die privaat kamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n groot stort, toilet en 'n wasbak. Die kamer het 'n yskassie, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe en gratis WiFi. Beskuit word voorsien.
Sunrise Chalet is 'n houtchalet wat vas is aan die hoofhuis. Dit het 'n privaat ingang en 'n privaat houtdek. Daar is 'n 2 enkelbeddens wat as 'n koninggrootte-bed opgemaak is en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Verder is daar ook WiFi, 'n yskassie, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe en beskuit. Gaste het toegang tot braaigeriewe.
Die gastehuis is stapafstand vanaf verskeie winkels en restaurante in die dorpie en naby voetslaan- en bergfietsroetes.
Kenmerke
Geriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
- Duits
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Marion Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 22
Jaar gelys 6
Ligging
- Kerkstraat 6, Haenertsburg, 0730, Limpopo
- Gaste dink House of Art het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Haenertsburg Magoebaskloof Laeveld Limpopo
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kerkstraat 6, Haenertsburg, 0730, Limpopo
- Geen kinders onder 12