Huis Afrika
- Kapasiteit: 15 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Offenbach-straat 32, Vanderbijlpark, 1911, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R700 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Huis Afrika is in 'n stil buurt van Vanderbijlpark geleë en bied gehalteverblyf wat perfek is vir 'n klein gesin, sakereisigers of vir oornagverblyf.
Verblyf word in 5 eenhede gebied.
Die Renoster-eenheid is 'n privaat, oopplan-tuinkothuis. Dit het 'n koningingrootte-bed. Die badkamer het 'n stort oor 'n hoekbad, 'n toilet en 'n wasbak. Die kombuis het 'n stoof, oond, yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, 'n mikrogolfoond, breekware en eetgerei.
Die Sebra-eenheid het 'n koningingrootte-bed en 'n driekwartbed. Die badkamer het 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak. Daar is 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe.
Die Olifant-eenheid het 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak.
Die Buffel-eenheid het 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens. Die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet.
Die Leeu-eenheid het 1 slaapkamer en 'n oopplan-kombuis en -sitarea. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en dan is daar 2 enkelbeddens in die leefarea. Beddens kan omskep word in 4 enkelbeddens of 2 koninggrootte-beddens op versoek. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, 'n mikrogolfoond, breekware en eetgerei toegerus. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet.
Daar is 2 katte en 2 honde op die perseel
Gaste kan gebruik maak van die swembad en braaigeriewe. Daar is veilige parkeerplek vir 1 voertuig per eenheid op die perseel beskikbaar.
Huis Afrika is naby 'n winkelsentrum en verskeie restaurante, asook 3,2 km vanaf die Emerald Casino en 2,5 km van die Emfuleni-gholflandgoed af.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Hettie Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 88
Jaar gelys 5
Ligging
- Offenbach-straat 32, Vanderbijlpark, 1911, Gauteng
- Gaste dink Huis Afrika het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Vanderbijlpark Gauteng
- Kapasiteit: 15 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Offenbach-straat 32, Vanderbijlpark, 1911, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom