Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Jakkelsroep Akkommodasie

Weeksdagaanbod 25% af

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 8 Apr 2024 tot 30 Apr 2024.

  • Kapasiteit: 24 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 76, Kloppersbos, Pretoria, 0183, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R580 R435 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Jakkelsroep Akkommodasie is op 'n aktiewe plaas in die hartjie van die bosveld en bied gehalteverblyf wat ideaal is vir natuurliefhebbers of 'n plaaswegbreek aan familie of vriende. Die verblyf is 40 km vanaf Pretoria. Die area is malariavry en spog met 'n matige klimaat.

Eenheid 1 is geskik vir 4 gaste en het 2 slaapkamers, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea, met lugverkoeling. Een slaapkamer het 'n dubbelbed en die ander slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Beide slaapkamers het waaiers. Linne en handdoeke word voorsien. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is met 'n gasstoof, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitarea spog met gemaklike rusbanke en lugversorging. Daar is ook 'n stoep met 'n tafel met sitplek vir 6 gaste, 'n losstaande braai en 'n plonspoel.

Eenheid 2 is geskik vir 4 gaste en het 2 slaapkamers, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Een slaapkamer het 'n dubbelbed en lugversorging en die ander slaapkamer het 2 driekwartbeddens en 'n waaier. Linne en handdoeke word voorsien. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is met 'n gasstoof, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitarea spog met gemaklike rusbanke en lugversorging. Daar is ook 'n stoep met 'n tafel met sitplek vir 4 gaste, 'n ingeboude braai en 'n swembad.

Elke eenheid het onderdakparkeerplek vir 1 voertuig. Daar is ook 'n klimraam en 'n trampolien vir kinders. 'n Skoonmaakdiens is teen 'n eksta fooi per dag beskikbaar. Beide eenhede het gratis WiFi en daar is lampies vir beurtkrag in al die kamers.

Daar is verskeie staanplekke vir kampeer beskikbaar. Staanplek 1 en 2 het elk privaat ablusie- en braaigeriewe en is geskik vir 6 gaste. Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad en 2 lapas met sonkragligte. Daar is ook 'n speelarea vir kinders.

Die wildkamp is 28 hektaar groot en hier kan gaste voetslaan, fietsry, voëlkyk, 'n piekniek geniet of by die boma in die bos braai. Selfry-wildritte word toegelaat en gaste kan 'n piekniekmandjie huur. Unieke behandelings en romantiese pakkette is ook beskikbaar en dit moet vooraf gereël word.

Wild op die perseel sluit impalas, njalas, vlakvarke, jakkalse, volstruise, sebras en blesbokke en kleiner wild in. Gaste kan die sterre kyk en jakkalse hoor, streng beleid teen geraas asook die voer van diere.

Jakkelsroep is sowat 7 kilos vanaf Dinokeng Natuurreservaat se Tsukulu-hek met die Groot 5 en beslaan sowat 23 000 hektaar van ongerepte natuur. Besienswaardighede in die area sluit begeleide wildritte, staptogte, bootritte en talle restuarante in. Dist is ook 9 minute vanaf Lion and Cheetah Sanctuary wat wildritte en interaksie met diere toelaat.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 66 resensies vir Jakkelsroep Akkommodasie
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Benita Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 66

Jaar gelys 1

Ligging

  • Plaas 76, Kloppersbos, Pretoria, 0183, Gauteng
  • Gaste dink Jakkelsroep Akkommodasie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R580
R580 R435
per nag, vir 2 mense
Vanaf R580
R580 R435
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 76, Kloppersbos, Pretoria, 0183, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA306c4b46a38fe0b1ce96d6a6ec90bb9e8b3045e55d9347072dca4d18d2f80afef521585d4e88ac00c643a02b6636fb760e4e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R580 nouVanaf R435 per nag, vir 2 mense 66 5 1 5 Farm 76 Kloppersbos 0183 Gauteng 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.492675768882 28.414723969411
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem