Jannie se huis
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 12:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 13:00 - Adres: Hoofstraat 7, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 400 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Hierdie moderne selfsorg-eenheid op die grondvloer is ideaal geleë in Yzerfontein, 'n prentjiemooi hawedorpie aan die Weskus. Yzerfontein is sowat 85 km van Kaapstad af. Gaste kan op die beskutte stoep ontspan en die pragtige see-uitsig bewonder. Die hoofstrand en plaaslike geriewe is net 3 minute se stap van die eenheid af.
Die eenheid is volledig gemeubileer en bied slaapplek vir 4 tot 5 gaste op die onderste verdieping omdat die boonste verdieping apart is. Daar 2 slaapkamers in die eenheid, een met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer en die ander een met 2 enkelbeddens en 'n aparte, volledige badkamer. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien. Die kombuis is volledig toegerus en die eenheid beskik ook oor braaigeriewe. 'n TV en 'n beperkte versameling DStv-kanale is beskikbaar, maar gaste is welkom om hul eie Explorer vir volledige DStv-dekking saam te bring.
Yzerfontein is bekend vir sy natuurskoon en lang, ongerepte strande soos die Sestienmylstrand wat van die hoofstrand af na die Weskus Nasionale Park strek. Dit skep alles 'n rustige omgewing wat ideaal is vir 'n wegbreek uit die besige stad. Omtrent 10 km van die kus af lê Dasseneiland, 'n toevlugsoord vir voëls en die ideale bestemming om pragtige foto's te neem.
Slaapplek
’n Bespreking by Jannie se huis sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Opsomming van Resensie
Ligging
- Hoofstraat 7, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Gaste dink Jannie se huis het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Yzerfontein Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 12:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 13:00 - Adres: Hoofstraat 7, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom