Jolienselfsorg
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 16 Jan 2021 tot 30 Nov 2021.
- Kapasiteit: 5 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: E Pinea-straat 20, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 12
-
Vanaf
R630R567 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Jolienselfsorg bied luukse selfsorg-vakansieverblyf teen sakpastariewe.
Die woonstel is stapafstand van die strand teen 'n steilte uit en bied pragtige see-uitsigte. Die eenheid is baie ruim en bestaan uit 1 slaapkamer, 'n private badkamer/stort/bad, 'n aparte toilet, en 'n oopplan-kombuis/-leefarea.
Die woonstel bied slaapplek vir 2 gaste en is toegerus met bedlinne, breekgoed en kombuistoebehore. Bring asseblief jou eie swemhanddoeke saam. Elke woonstel het sy eie braaigeriewe en privaat ingang.
DStv Compact Plus is beskikbaar en daar is gratis WiFi. Daar is parkeerplek voor die huis onder ’n houtdek met ’n alarmstelsel.
Danabaai is in 'n bekende natuurbewarea geleë en bied pragtige strande, ongerepte natuur en 'n verskeidenheid wandelpaaie. Dit is 'n hengelparadys met verskeie strand-, rots- en diepsee-hengelgeleenthede bereikaar van Mosselbaai se hawe af. Die Mosselbaai-area spog met die 'mees gematigde klimaat in die wêreld', buiten Hawaii.
Ons is 40 km vanaf George Lughawe op die N2 na Kaapstad, 7 km vanaf die Pinnacle Point Gholf-landgoed, en 10 km van Mosselbaai af.
Geen kinders of troeteldiere word toegelaat nie. Rook is verbode binne die woonstelle.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- E Pinea-straat 20, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
- Gaste dink Jolienselfsorg het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 5 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: E Pinea-straat 20, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 12