K4 Khoi Island - Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

K4 Khoi Island is 'n selfsorg-vakansiewoonstel in die wêreldbekende Thesen Island Blouvlag-landgoed en Marina. Dié landgoed spog met privaat strande, waterweë omring deur Cape Cod-huise, 'n doolhof, voëlskuiling, tennisbane, setperk en speelplek vir die jongspan. Thesen-eiland bied ook 24 uur-sekuriteit.

Dié ateljeewoonstel het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die badkamer het 'n stort, wasbak, toilet en 'n verhitte handdoekreling. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is volledig toegerus en sluit 'n stoof, 'n yskassie, 'n mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. Die eetarea het plek vir 4 en die sitkamer het 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale.

Die eenheid is vas aan 'n huis wat nog slaapplek vir 4 gaste het. Die woonstel en die huis kan saam as 'n eenheid bespreek word.

Slaapplek

'n Bespreking by K4 Khoi Island - Apartment sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na K4 Khoi Island - Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za