Kaiha

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 20 % af

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 14 Okt 2019 tot 29 Nov 2019.

Beskrywing

Kaiha is 'n dubbelverdieping-vakansiehuis, net 50 m van die see af en is in Duinepark in die klein kusdorpie Witsand geleë.

Gratis WiFi beskikbaar.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers, 'n oopplan-leefarea en -kombuis met 'n tafel en stoele vir 6 gaste, 'n binne-braai en 'n stoep met ’n buite-braai.

Die boonste verdieping het 3 slaapkamers, 1 badkamer en ’n klein gesinsvertrek. Die hoofslaapkamer en die tweede slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het twee enkelbeddens. Al die slaapkamers het ook bedkassies en ingeboude kaste. Die badkamer is op die eerste verdieping en het 'n bad en 'n toilet.

Die onderste verdieping dien as 'n kuierarea en het ’n badkamer, sitkamer en kombuis. Die badkamer het 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet.

Die sitkamer het gemaklike sitplek, 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n etenstafel. Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond, wasmasjien en 'n skottelgoedwasser. Die huis het ook 'n enkelmotorhuis wat kan toesluit en gebruik kan word vir fietse, ’n waentjie en ekstra bagasie. Dit is egter nie prakties om ’n motor in die motorhuis toe te sluit nie. Daar is ’n parkeerplek 30 meter vanaf die huis vir 'n voertuig.

Die hele huis is tot jou beskikking en word nie met ander gaste gedeel nie. Die huis en parkeerplek is in 'n baie veilige omgewing geleë.

Doendinge in Witsand sluit vlieërbranderry, waterski, branderplankry, seilplankry, kanoe-roei, seiljag, spieshengel en snorkel in. Beide die rivier en die omliggende area is ideaal vir bootry en watersport.

Slaapplek

'n Bespreking by Kaiha sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kaiha gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 090 R872 per nag (plek vir 4)

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 14 Okt 2019 tot 29 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za