Kameel Akkommodasie by Kameel Rust and Vrede B&B and Camping | LekkeSlaap
+53

Kameel Rust and Vrede B&B and Camping

  • Kapasiteit: 21 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kameelbultplaas, Kameel, 8603, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R250 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Kameel Rust and Vrede B&B and Camping is naby die Kameel-treinstasie tussen Stella en Delareyville op die R377 in Noordwes geleë. Die treinspoor is in 1894 aangelê. Ons is 17 km van Stella en 45 km van Delareyville af.

Ons voorsien ruim gastekamers met privaat ingange. Die kamers het elk 'n en suite-badkamer, 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe. Ons bied ook 'n geparkeerde karavaan onder die bome, wat geskik is vir selfsorgverblyf.

Kameel Rust and Vrede B&B and Camping staan in die skadu van pragtige bome in tuin waar die skoonheid van die sonsondergange en die klanke en kleur van die natuur jou van jou asem sal beroof. Ons nooi jou uit om in die hartjie van hierdie historiese omgewing te kom bly.

Hier word jy bederf met onopvallende diens en 'n behoorlike plaasontbyt. Daar is ook 'n braaiplek en 'n dam waarin jy kan afkoel wanneer die somerhitte jou verontrief. Saans ondergaan die tuin 'n metamorfose en word dit 'n oase waar kleinwild wei.

Ons vertrou dat jy ook sal dink die naam "Rust en Vrede" is uiters geskik vir hierdie toevlugsoord.

Dit sal vir jou moeilik wees om die groen oase wat jou hier begroet in jou geestesoog voor te stel gedurende jou reis deur die warm, droë, maar pragtige Noordwes. Die eienaar sal jou hartlik by die drumpel ontmoet en seker maak jou verblyf hier oortref jou grootste verwagtings.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 25 resensies vir Kameel Rust and Vrede B&B and Camping
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Kameelbultplaas, Kameel, 8603, Noordwes
  • Gaste dink Kameel Rust and Vrede B&B and Camping het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kameel Noordwes
Vanaf R250
per nag (plek vir 4)
Vanaf R250
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kameelbultplaas, Kameel, 8603, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc8a7ae51964a0feea72fb7360bf47a1ac53088e2375a04a358bc6ca3b4178b0db587d0919c45403a62a58c872a404bce3b05?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R250  per nag (plek vir 4) 25 5 1 5 Farm Kameelbult Kameel 8603 Noordwes 086 999 0018 13:00-19:00 10:00 -26.600960246798 25.037124853134
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za