Kerneelia Kothuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kerneelia Kothuis is 'n bekoorlike kothuis met 'n pragtige berg-uitsig op 'n Klein-Karoo-plaas naby De Rust. Dis ideaal vir 'n paartjie wat op soek is na verblyf weg van die besige stadslewe af.

Dié romantiese kothuis beskik oor 'n slaapkamer met 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Daar is ook 'n driekwartbed vir 'n derde gas in die leefkamer. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Daar is 'n ekstra toilet buite die kothuis.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus. Daar is vars melk en plaasbotter in die yskas en koffie- en teemaakgeriewe en beskuit in die spens. Die kombuis lei na 'n onderdakstoep met 'n etenstafel en braaigeriewe.

In die oggend word 'n spesiale ontbytmandjie afgelewer, met varsgebakte skons, seisoenvrugte, jogurt en tuisgemaakte brood.

Gaste kan op 'n verskeidenheid roetes perdry, wat 'n goeie manier is om die omgewing te verken. Beginnerruiters is welkom. Staproetes en bergfietsroetes is ook volop in die omgewing.

Slaapplek

'n Bespreking by Kerneelia Kothuis sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kerneelia Kothuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za