Kiaat Bungalows

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kiaat Bungalows is ideaal geleë, op 'n plaas in die Sabievallei langs die Sabierivier. Hierdie pragtige, veilige en stil natuurplekkie is 'n absolute paradys vir voëlkykers.

Verblyf word aangebied in 3 volledig toegeruste privaat selfsorgkothuise en 2 solderkamers wat ablusie-geriewe deel. Elke kothuis het sy eie privaat braaigeriewe en ons voorsien gratis hout en 1 sak houtskool om jou verblyf mee af te skop.

'n Swembad is beskikbaar en die perseel is veilig aangesien daar 'n elektriese heining reg rondom is met 'n outomatiese hek.

Kiaat Bungalows is ongeveer 8 km van die Phabeni-hek na die Krugerwildtuin af en die Panoramaroete is net 'n daguitstappie ver. Die dorpie Hazyview is net 2 km van ons af vir gaste se gerief.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Forelhengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kiaat Bungalows gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za