Kite Beach House
Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 22 Mei 2024 tot 31 Jul 2024.
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bifoliastraat 6, Myburg Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
-
Vanaf
R4 300R3 655 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Kite Beach House is 'n pragtige, ruim selfsorghuis wat sentraal in Langebaan geleë is, net 'n hanetreetjie vanaf die strand, en met 'n prentjiemooi, panoramiese uitsig oor die strandmeer spog.
Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 en suite-slaapkamers. Die hoof- en tweede slaapkamer het elk 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n volledig toegeruste kombuis, eetarea en 'n sitarea. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Dit lei na 'n eetarea en 'n ruim sitarea met gemaklike rusbanke, 'n TV met Netflix en 'n binnebraai. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die groot stapeldeure bied toegang tot 'n balkon met sitplek, 'n houtvuurwarmbad en 'n skilderagtige uitsig oor die strandmeer.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.2/5
Chelsea Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 5
Resensies 1
Op LekkeSlaap 7 maande
Ligging
- Bifoliastraat 6, Myburg Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Myburgh Park Langebaan Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bifoliastraat 6, Myburg Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap