Montagu Akkommodasie by Klein Nektar Manor Accommodation | LekkeSlaap
+31
+31

Klein Nektar Manor Accommodation

B&B
  • Vanaf R4 000 per nag (vir 4 persone)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langstraat 32, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12

Beskrywing

Klein Nektar Manor bied akkommodasie in 'n Kaaps-Hollandse herehuis, vir ekslusiewe gebruik, in die hartjie van die historiese en bekoorlike Montagu. Die huis is net 'n entjie se stap vanaf restaurante en winkels geleë.

Klein Nektar is 'n wyn- en olyfplaas van 3 hektaar, en Klein Nektar Manor Accommodation bied B&B-verblyf wat perfek is vir 'n romantiese wittebrood of 'n spesiale geleentheid vir 2 of 'n groep van 4.

Geniet eksklusiewe gebruik van ons 2 en suite-slaapkamers wat elkeen 'n sitarea en sitkamer het, met 'n gratis bottel Montagu-muskadelwyn in. Die tweede sitkamer spog met 'n seldsame, antieke biljarttafel ('n lekker speletjie wat maklik is om aan te leer). Dié sitkamer bied toegang tot 'n swembad met lêstoele, 'n beskutte vuurmaakplek en 'n patio met pragtige uitsigte op die Langeberge en oor die plaas. Dit is alles vir jou privaat gebruik, aangesien julle die enigste gaste by Klein Nektar Manor gaan wees.

Die hoofslaapkamer het 'n groot stort en 'n ekstra lang koninggrootte-bed. Die tweede slaapkamer het 'n hemelbed en 'n vrysstaande bad wat omring is met linnegordyne.

Die slaapkamers het elkeen ondervloerse verhitting, elektriese komberse, gehalte-katoenlinne, 'n Nespresso-koffiemasjien en melkskuimer, 'n yskassie met drankies (daar is 'n lys beskikbare drankies waarvan jy kan kies), 'n haardroër en vars blomme wat op die plaas gepluk is.

Klein Nektar se vars olywe en olyfolie is in die huis beskikbaar, en vars plaaseiers, organiese plaasprodukte, tuisgebakte brood en konfyt word vir ontbyt voorsien.

Slaapplek

’n Bespreking by Klein Nektar Manor Accommodation sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Langstraat 32, Montagu, 6720, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 000
per nag (vir 4 persone)

Sien meer verblyf in

Montagu Boland Wes-Kaap
Vanaf R4 000
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R4 000
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langstraat 32, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhlYjI2N2Q3LWYzZGEtNDFlNS05NTc4LTlmMTYxYTRlM2ZhYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 000  per nag (vir 4 persone) 32 Long Street Montagu 6720 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -33.790003774415 20.11746584523
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za