Kloofsig 10
Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 9 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kloofsig 10, Vleesbaai, 6504, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R3 000R2 700 per nag (plek vir 9)
Beskrywing
By Kloofsig 10 in Vleesbaai word gaste bederf met panoramiese uitsig oor die baai. Hierdie selfsorgverblyf is vir 9 gaste geskik.
Die huis is in 'n omheinde gebied en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis met 'n -sitarea. Een van die slaapkamers het 'n koningingrootte-bed en enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. DIe tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed met 'n badkamer wat 'n stort en bad het en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens met 'n badkamer wat slegs 'n stort het.
Die kombuis is met 'n mikrogolfoond, stoof, oond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en gaste kan hul maaltye om die tiensitplek-etenstafel geniet.
Verder kan gaste in die sitarea voor die TV ontspan en verskeie kanale stroom indien hulle hul eie besonderhede gebruik. Die verblyf is met 'n omsetter toegerus. Gaste sal tydens beurtkrag toegang tot alle geriewe behalwe die oond hê.
Die ontwikkeling bied toegang tot die strand via 'n hek en wandelpaadjie. Gaste kan by dié strand swem, branderplankry, asook dolfyn- en walviskyk gedurende seisoen. Die area het 4x4-duinroetes en perdryroetes vir diegene wat avontuurlustig voel.
Slaapplek
’n Bespreking by Kloofsig 10 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.9/5
Arnold Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 5
Jaar gelys 2
Ligging
- Kloofsig 10, Vleesbaai, 6504, Wes-Kaap
- Gaste dink Kloofsig 10 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 9 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kloofsig 10, Vleesbaai, 6504, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom