Kom en Geniet 222 Selfsorg
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg 222, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 450 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Kom en Geniet 222 Selfsorg is in Gansbaai, net 'n klein entjie se stap van die see af, geleë.
Dié lieflike huis is ten volle gemeubileer en het 3 gerieflike slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is 'n lae enkelbed in die derde slaapkamer, wat dit ideaal maak vir 'n kind. Die slaapkamers deel 2 badkamers, een met 'n stort en die ander een met 'n stort en bad. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n yskas, stoof en oond, mikrogolf, ketel en broodrooster. Gaste kan hul etes by die eetkamertafel geniet of heerlik in die sitkamer ontspan. 'n TV met DStv Compact is beskikbaar en daar is ook 'n heerlike kaggel. Die leefarea maak oop op 'n gemeubileerde stoep met 'n braai en 'n uitsig oor die see. Gaste is welkom om gebruik te maak van die tafeltennisblad. 'n Wasgoeddiens is op versoek beskikbaar.
Gansbaai bied heelwat doendinge en besienswaardighede, soos Duiwelsgat, Fynbos-staproetes, Danger Point-vuurtoring, en haaihokduik. Daar is ook heelwat restaurante in die omgewing.
Slaapplek
’n Bespreking by Kom en Geniet 222 Selfsorg sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Persoonlike Kluis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
- Frans
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Betty Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 22
Jaar gelys 7
Ligging
- Hoofweg 222, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink Kom en Geniet 222 Selfsorg het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Perlemoenbaai Gansbaai Overberg Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg 222, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom