Komati Friends

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Komati Friends is in Komatipoort geleë en bied gehalte verblyf vir die hele gesin. Die eenhede is net 10 km van die Krokodilbrug af, wat dit die ideale oornagplek maak vir gaste wat op pad is na Mosambiek, of graag daguitstappies wil onderneem na die Krugerwildtuin.

Verblyf word aangebied in 2 enkeleenhede (Rhino- en Lion-eenheid) en 1 gesinseenheid (Buffalo-eenheid). Die enkeleenhede het elkeen 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die gesinseenheid het 2 slaapkamers wat elkeen ingerig is met 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Daar is 2 badkamers wat een 'n stort en die ander een 'n bad het. Elke kamer het lugversorging, 'n en suite-badkamer en 'n aparte oopplan-sitkamer en -kombuis wat toegerus is vir basiese selfsorg. Die kombuisie is toegerus met 'n elektriese rooster, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Elke eenheid beskik ook oor 'n platskerm-TV met satelliet-kanale, en daar is 'n swembad.

Die naaste lughawe is die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe, en dit is 86 km van Komati Friends af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Komati Friends gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za