Kaapstad Middestad Akkommodasie by Kushi's 2 Bed Penthouse | LekkeSlaap
+10

Kushi's 2 Bed Penthouse

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Adderleystraat, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 600 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Kushi's 2 Bed Penthouse bied selfsorgverblyf aan gaste en is in 'n veilige gebou in Kaapstad se middestad geleë. Die gebou is ideaal geleë naby verskeie ontspannings- en sakegeriewe in die middestad.

Dié dupleks is op die boonste vloer van die gebou en beskik oor 2 slaapkamers en twee en 'n halwe badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n uitsig op Tafelberg en het ook 'n koninggrootte-bed, 'n elektroniese kluis en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer. Altwee kamers het ingeboude kaste.

Op die onderste verdieping is daar 'n goed toegeruste kombuis met 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die leefarea langsaan het 'n eetkamertafel met sitplek vir 6 mense en die sitkamer het 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler. Die gastetoilet is langsaan die leefarea.

Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike binnenshuise swembad en 'n goed toegeruste gymnasium. Die gebou het 24 uur-sekuriteit, 'n ontvangs en toegewyde parkeerplek met afstandbeheer.

Die perseel se ideale ligging is naby naglewe, restaurante, museums, Kompanjiestuin en sowat 1,5 km vanaf dei Kunstekaap en KIKS, 3,5 km vanaf Kaapstad-stadion in Groenpunt en die V&A Waterfront.

Slaapplek

’n Bespreking by Kushi's 2 Bed Penthouse sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gimnasium

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Adderleystraat, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 600
per nag (plek vir 4)
Vanaf R3 600
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Adderleystraat, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAiMeXWzXU9lhL5P68KxlLkMmIWGWoRWLo72M85YlRy8U8lF7cC5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 600  per nag (plek vir 4) Adderley Street Cape Town 8005 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.923968340799 18.42216346627
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za