La Provence Akkommodasie by La Maison Blanche | LekkeSlaap
+34
+34

La Maison Blanche

Selfsorg
  • Vanaf R6 600 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cabriere-straat 28, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

La Maison Blanche is 'n stylvolle huis met 'n lieflike kuierarea, swembad en 'n tuin. Dié tweeslaapkamerhuis is in Carbriere-straat in die prentjiemooi dorpie Franschhoek.

Dié huis het 'n hoë plafon, vollengte vensters en deure wat na die swembad en tuin lei. Die huis beskik oor 'n solderverdieping wat as 'n TV-kamer of ekstra slaapkamer gebruik word. Dié verdieping lei na 'n klein terras en bied 'n uitsig op die berge. Die TV-kamer lei ook na 'n dek op die dak wat selfs 'n beter uitsig bied.

Die tuin is vol plante en bome, soos olyf-, suurlemoen- en lemmetjiebome. Daar is 'n paar rye wingerd voor die huis en die tuin is vol rose, laventel en roosmaryn.

Die huis beskik oor 2 slaapkamers, 1 met 'n koninggrootte-bed en die ander met 'n koningingrootte-bed. Daar is 2 enkelbeddens op die solderverdieping. Bad- en stortgeriewe is beskikbaar. Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolfoond toegerus. Die huis het lugversorging, braaigeriewe en veilige parkeerplek.

Die ligging bied toegang tot Franschhoek se hoofstraat met winkels, restaurante en kafees. Gaste kan ook die wynlandgoedere in die dorp besoek.

Slaapplek

’n Bespreking by La Maison Blanche sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Cabriere-straat 28, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R6 600
per nag (plek vir 6)
Vanaf R6 600
per nag (plek vir 6)
Vanaf R6 600
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cabriere-straat 28, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA09c16a78e73def57c3ba364efa1bafd831f4ea8e1f9e0accb4029277b585025aa9b8bc51303adae0d40b1f78cb4b5286f981?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R6 600  per nag (plek vir 6) 28 Cabriere Street Franschhoek 7690 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.911076384372 19.117618635582
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za