Laanhof

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Laanhof is in die hartjie van Stellenbosch geleë. Dit is net 800 m vanaf toprestaurante en 500 m se stap vanaf die Stellenbosch Gimnasium en 'n eersteklas-atletiekbaan. Net buite die dorp is daar uitstekende wynplase met proelokale en restaurante. Laanhof is ook stapafstand vanaf die Universiteit van Stellenbosch se hoofkampus en 1 km vanaf Stellenboschberg wat perfek is vir draf, voetslaan of fietsry. Die Jonkershoek Natuurreservaat is net 9 km vanaf die instansie.

Daar is 4 ateljeewoonstelle en 1 hoofhuis met 3 gastekamers. Gaste wat in die hoofhuis bly het toegang tot 'n gemeenskaplike kombuis, sitarea en braaigeriewe. Elke badkamer het 'n stort, wasbak, en toilet. Elke kombuis is met 'n mikrogolf, konveksie-oond, en 'n yskas toegerus. Al die nodige eetgerei en kombuistoerusting word voorsien.

Daar is 'n groot platskerm-TV met 'n gratis DStv-koppelpunt en lugversorging is beskikbaar. Al die eenhede het werkspasie met toegang tot WiFi, datapunte en kragpunte. Linne, duvets en handdoeke word voorsien.

Daar is 'n alarmstelsel en sekuriteitsdeure voor die skuifdeure. Gaste kan agter die sekuriteitshek parkeer. Daar is 'n kluis waar 'n skootrekenaar kan inpas. Verder is daar was- en drooggeriewe op die perseel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Laanhof gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 290 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za