LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Lagoonside@77 | LekkeSlaap
+89

Lagoonside@77

Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hoofstraat 77, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 R680 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Lagoonside@77 spog met 'n uitstekende ligging, net 80 m vanaf die pragtige strandmeer. 'n Lekker strand vir vlieërbranderryers is ook net om die draai.

Verblyf word gebied in 3 aparte privaat selfsorg-eenhede. Eenheid 1 en 2 het 'n kombuisie en 'n en suite-badkamer. Eenheid 3 is 'n selfsorg-strandkothuis. Al die eenhede het moderne geriewe en 'n ontspanne strandhuis-atmosfeer. Hier kan jy jou skoene uitskop en ontspan. Die dek, wat gedeel word, het braaigeriewe en lieflike see-uitsigte en is die ideale plek vanwaar gaste die pragtige sonsondergang kan bewonder met 'n skemerkelkie in die hand.

Selfsorgeenheid 1 en 2 beskik oor 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, yskassie, ketel, broodrooster, wasbakkie en breekware, asook 'n slaapkamerarea en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, wasbak en stort. Albei eenhede het 2 enkelbeddens elk. Ons voorsien badhanddoeke en linne, maar gaste moet asseblief hul eie strandhanddoeke saambring. Alle beddens het elektriese komberse en elke kamer het 'n paneelverwarmer vir die kouer maande en 'n waaier vir die somermaande. Eenheid 1 en 2 het hul eie braaigeriewe of gaste kan die gemeenskaplike dek met braaigeriewe en see-uitsigte gebruik. Elke eenheid het sy eie afstandbeheer vir die hek en veilige parkeerplek op die perseel. Gratis WiFi is beskikbaar. Rook is verbode in die eenheid en naby die vensters en deure van die eenhede.

Eenheid 3 het 'n oopplan-leefarea en -kombuis, wat ten volle toegerus is, asook 'n binnebraai. Gaste moet hul eie hout en blitz bring. Die konsertina-deure in die oopplan-leefarea en -kombuisarea bied toegang tot die privaat patio. Daar is 2 slaapkamers waarvan een 'n dubbelbed het en die ander 2 enkelbeddens het. Die badkamer het 'n instapstort, wasbak en toilet. Die hoofslaapkamer het 'n platskerm-TV en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort, wasbak en toilet. Gratis WiFi is beskikbaar, asook veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek. Rook is verbode in die eenheid en naby die eenheid se vensters en deure.

Die skuifdeure van Eenheid 1, 2 en 3 het Trellidoors en al die vensters het diefwering.

Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 147 resensies vir Lagoonside@77
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Hoofstraat 77, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lagoonside@77 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R800
Vanaf R680
per nag (vir 2 persone)
was R800
Vanaf R680
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hoofstraat 77, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAuMWT0cI80cXSrcjHqhl4bhGY5aLszKGsl2oPQRhQAZgUmQEfWm?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R800, nou Vanaf R680  per nag (vir 2 persone) 147 5 1 5 77 Main Street Langebaan 7357 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-21:00 11:00 -33.086325 18.031563888889
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!