Laguna La Crete Unit i

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % off

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Des 2019 tot 13 Des 2019.

Ekstra Fooie
Buiten die tariewe in die tabel hierbo, hef die blyplek ook 'n eenmalige R500-administrasiefooi en R235-skoonmaakfooi per bespreking.
Die volgende word by die tariewe ingesluit:
Laguna La Crete Unit i
Rates displayed are on a self-catering basis.

Spesiale Aanbod!*

*Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Des 2019 tot 13 Des 2019.

Belasting en Ekstras
Alhoewel ons alles in ons vermoë doen om seker te maak al die foto's op die instansie-profiel is akkuraat en op datum, maak Leisure Letting - South Coast (PTY) LTD geen waarborg, voorstelling of onderneming, hetsy uitdruklik of implisiet, en aanvaar ons geen direkte of indirekte aanspreeklikheid met betrekking tot die akkuraatheid, volledigheid of bruikbaarheid van enige foto's/toebehore van/by die instansie nie.

1. Reg tot toegang voorbehou.

2. Bevestiging van bespreking is nie gewaarborg as jy die besprekingsversoekvorm invul en aan ons stuur nie.

3. Sodra ons hierdie dokument ontvang sal 'n voorlopige besprekingsvorm aan jou gestuur word, en sodra die 50%-deposito op of voor die vervaldatum ontvang word, sal die bespreking bevestig word, onderhewig aan beskikbaarheid.

4. Betaling van die deposito en/of bewoning van bespreekte akkommodasie word geïnterpreteer as aanvaarding van hierdie bepalings en voorwaardes, wat bindend is vir alle huurders.

5. Let wel: Indien bewys van betaling, die ingevulde voorlopige besprekingsvorm en 'n kopie van jou ID nie voor die vervaldatum (soos aangedui op die voorlopige besprekingsvorm) aan ons gestuur word nie, sal die voorlopige bespreking gekanselleer word. 6. Let wel: Ons verkies elektroniese fondsoorplasings ("EFT") as betalingsmetode. Geen tjeks word aanvaar nie. Indien kontant in ons rekening gedeponeer word sal jy aanspreeklik wees vir die bankkostes en dit sal afgetrek word van jou breekskadedeposito.

7. Die balans van jou betaling is een week voor die inklokdatum betaalbaar.

8. Indien 'n bespreking op die nippertjie gemaak word, is die volle gekwoteerde bedrag voor die inklokdatum betaalbaar.

9. Die besprekingsfooi is ingesluit by jou daaglikse tarief en is nie terugbetaalbaar nie.

10. Indien die volle gekwoteerde bedrag nie betaal is nie, sal die sleutels nie beskikbaar gestel word nie, en R350 is voorafbetaalbaar as ons na-ure uitgeroep word.

11. Streng kansellasiebeleid - Meer as 1 maand voor die inklokdatum: 50% van die deposito is terugbetaalbaar.

12. Streng kansellasiebeleid - Meer as 2 weke voor die inklokdatum: 25% deposito is terugbetaalbaar.

13. Streng kansellasiebeleid - Minder as 2 weke voor die inklokdatum: geen terugbetaling.

14. Leisure Letting - South Coast (PTY) LTD behou die reg voor om, na ons goeddunke, die bespreekte verblyf te vervang met alternatiewe, soortgelyke verblyf, of om 'n volledige terugbetaling aan te bied indien die oorspronklike eenheid nie meer beskikbaar is nie weens sake buite ons beheer.

15. Voorafbesprekings kan net aanvaar word met die verstaan dat die eenheid wat bespreek is moontlik nie beskikbaar sal wees om te huur vir die tydperk wat bespreek is nie. Indien die eenheid nie beskikbaar is nie sal 'n redelike poging aangewend word om die bespreking oor te dra na 'n ander eenheid. Leisure Letting - South Coast (PTY) LTD sal nie aanspreeklik wees vir enige kostes nie.

16. 'n Breekskadedeposito van R500 of R1000 is betaalbaar. Die volle breekskadedeposito, of die volle breekskadedeposito minus enige aftrekkings vir bankkostes, uitroepfooie, tekort/skade of breekskade, is terugbetaalbaar binne 30 werksdae na die vertrekdatum. Maak asb. seker dat jou volledige bankbesonderhede op die voorlopige besprekingsvorm aangedui is.

17. Die gas se aanspreeklikheid, gesamentlik en afsonderlik van die primêre gas en ander gaste, is nie beperk tot die waarde van die breekskadedeposito nie, en die primêre gas aanvaar aanspreeklikheid en waarborg dat hy/sy op aanvraag en sonder uitstel of kompensasie, enige tekorte/skade en breekskade sal betaal.

18. Indien Leisure Letting – South Coast (PTY) LTD enige verlies of skade ly as gevolg van enige aksie of nalatigheid van 'n gas of 'n gas se besoeker, sal die primêre gas aanspreeklik bly vir die volledige terugbetaling vir so 'n verlies of skade wat gely is en waarborg hy/sy daarvoor sal betaal sonder enige kompensasie of uitstel.

19. Insgelyks, sal die gas aanspreeklik wees vir die betaling van enige boetes sonder kompensasie of uitstel in sekere komplekse met reëls wat daargestel is deur die Beheerliggaam.

20. Bevestiging van 'n bespreking word beskou as 'n huurooreenkoms wat aangegaan is. Dit is 'n wetlike en 'n bindende ooreenkoms wat aangegaan is in Port Shepstone se landrossdistrik. Indien enige regsaksie ontstaan as gevolg van die huurooreenkoms, sal die huurder verantwoordelik wees vir al die onkostes op 'n prokureur-kliënt-skaal.

21. Die gas se Domicilium Citandi Executandi is die adres wat op die voorlopige besprekingsvorm aangedui word.

22. Onderverhuring is streng verbode tensy reëlings vooraf getref is met die Huuragent en bevestiging in hierdie verband ontvang is.

23. Oorbewoning word nie toegelaat nie. Eenhede word verhuur streng volgens die aantal beddens wat beskikbaar is (1 persoon per enkelbed of driekwartbed, 2 persone per dubbelbed, koningingrootte-bed of koninggrootte-bed), en volgens die aantal gaste wat hierbo aangeteken is. Gebruik van draagbare- en opblaasmatrasse word nie toegelaat nie. Ingeval van oorbewoning ("overcrowding") behou die huuragent die volle reg voor om alle gaste uit te sit sonder terugbetaling.

24. Persone onder 21 jaar word nie toegelaat om enige eenheid te bewoon sonder die toesig van 'n volwassene nie. Indien die persoon wat hierdie bespreking maak nie teenwoordig is vir die duur van die bespreking nie, kan al die gaste uit die eenheid gesit word sonder terugbetaling.

25. Tensy ander reëlings vooraf skriftelik getref is en geakkommodeer kan word sal die inkloktye streng toegepas word. Inkloktyd is 15:00 en uitkloktyd is voor 09:00. Indien gaste versuim om voor 09:00 te vertrek sal 'n boete van R200 per uur vir elke uur na 09:00 gehef word, en dit sal betaalbaar wees op aanvraag en sonder kompensasie of uitstel.

26. Geen terugbetalings of afslag sal gegee word indien gaste om welke rede ook al vroeër vertrek nie.

27. Die sleutels word die verantwoordelikheid van die gas sodra dit afgehaal word en indien dit verloor of beskadig word of nie terugbesorg word met vertrek nie, sal die gas aanspreeklik wees vir die vervanging van slotte, sleutels en afstandbeheertoestelle. Maak asseblief seker dat alle vensters en deure gesluit is met vertrek aangesien die gas aanspreeklik is vir enige verliese wat gelei word as hy/sy die perseel verlaat. Sleutels moet terugbesorg word by die Huurkantoor of op die kompleks se sleutelbokse geplaas word indien beskikbaar.

28. Ons kan nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies of ongerief wat die gas ly as gevolg van 'n handeling buite ons beheer of enige daad van die Huuragent of enige van die Huuragent se personeellede nie. Leisure Letting – South Coast (PTY) LTD sal nie aanspreeklik wees vir enige besering, dood, verlies, skade, ongeluk, vertraging of ongerief van enige aard gedurende die gas se verblyf nie. Enige verlies of addisionele koste as gevolg van natuurrampe, die natuur, oorlog, terrorisme, opstand, oproer, boikoit, diefstal, vuur, arbeidsoptrede, regeringsaksie, slegte weer, munisipale dienste/watertoevoer/elektrisiteitstoevoer wat onderbreek word of ander oorsake sal deur die gas gedra word en Leisure Letting­ South Coast (PTY) LTD aanvaar geen aanspreeklikheid hiervoor nie. Verder sal geen afslag of terugbetalings gedoen word indien enige van die bogenoemde gebeurlikhede plaasvind nie.

29. Alle persone wat gebruik maak van ons geriewe en eenhede doen dit geheel en al op eie risiko.

30. Gaste en hul besoekers moet hou by die bepalings en voorwaardes van die Beheerliggaam of die munisipale verordenings wat van krag is op die perseel waar hul tuisgaan. Indien enige van hierdie bepalings en reëls gebreek word, hetsy in die vorm van troeteldiere wat sonder toestemming na die perseel gebring word, oorbewoning, buitensporige geraas, of minderjariges sonder volwasse toesig, kan die huurders uitgesit word sonder enige terugbetaling.

31. Parkeerplek is beperk tot die aangewese parkeer-ruimtes vir spesifieke eenhede.

32. Sodra gaste inklok moet hul die inventarisse nagaan en enige teenstrydighede moet aangeteken word op die Diskrepansievorm en binne 12 uur na die inkloktyd by die kantoor ingehandig word. 'n Kopie sal op lêer gehou word en die gas moet aandring op 'n gestempelde kopie as bewys. Indien daar geen tekortkominge of breekskade aangeteken/aangemeld word nie, sal die inhoud van die eiendom/eenheid as korrek aanvaar word en die gas sal verantwoordelik gehou word vir enige tekortkominge/skade en breekskade. Neem asseblief kennis dat die eenheid eers nagegaan word ná die gas die perseel verlaat het.

33. Daar word van gaste verwag om die eenhede te laat soos wat hulle dit gekry het, indien dit nie gebeur nie, sal 'n skoonmaakfooi van R400 gehef en afgetrek word van die breekskadedeposito, of die gas sal dit summier moet betaal sonder kompensasie of uitstel.

34. Meubels en toestelle mag nie verwyder word uit die eenheid nie. Indien dit wel gebeur, sal die volle breekskadedeposito verbeur word. 35. Eenhede is onafhanklik, bring asseblief jou eie toiletware, handdoeke en skoonmaakmiddels.

36. Geen troeteldiere word toegelaat nie.

37. Leisure Letting – South Coast (PTY) LTD is gelas om individuele eiendomme in privaat besit te bestuur regoor die Suidkus namens die eienaars van hierdie eiendomme. Leisure Letting – South Coast (PTY) LTD is nie 'n oordbestuurmaatskappy nie. Dienooreenkomstig sal daar slegs gedurende kantoorure aandag gegee word aan instandhouding, herstelwerk, toebehore wat buite werking is, tensy dit 'n noodgeval is. Indien toebehore of ander geriewe onklaar raak en herstel/vervang moet word gedurende jou verblyf, kan daar nie van ons verwag word om dit onmiddellik te herstel of te vervang nie. Ons sal wel poog om gaste, binne redelike perke, by te staan. Verder sal geen afslag of terugbetalings gegee word indien enige van die bogenoemde gebeurlikhede plaasvind nie.

38. Let asseblief dat toebehore, soos TV's, DStv-koppelpunte en probleme met braaiplekke, wat as nie noodsaaklik beskou word, slegs gedurende kantoorure aandag sal kry. Indien ons uitgeroep word vir 'n noodgeval wat nie werklik 'n noodgeval is nie, sal 'n uitroepfooi van R350 betaalbaar wees en dit sal afgetrek word van die breekskadedeposito of dit kan betaalbaar wees op aandrang sonder kompensasie en uitstel.

39. Die gas aanvaar aanspreeklikheid vir herstel en instandhouding wat deur Leisure Letting – South Coast (PTY) LTD beskou word as die resultaat van die gas se nalatigheid.

40. Geen oop vure (koolvure) word toegelaat in die eenhede of op die eenhede se balkonne/stoepe nie. Indien gaste versuim om hierby te hou kan gaste uitgesit word of gevra word om 'n boete te betaal in ooreenstemming met die Beheerliggaam se Gedragsreëls.

41. Van die komplekse het wel kuier-areas met oop braaigeriewe.

42. Indien die eenheid oor 'n gasbraaier beskik sal 'n gasbottel voorsien word. Maar, sodra die gas op is, sal gaste self die gas moet aanvul. Vanweë verroesting deur die seelug kan ons nie aanspreeklik gehou word vir gasbraaiers wat nie werk nie, en ons is ook nie aanspreeklik om dit onmiddellik te herstel of te vervang nie.

43. Leisure Letting – South Coast (PTY) LTD sal nie aanspreeklik gehou word vir enige waardevolle en persoonlike items wat in die eenheid gestoor word gedurende jou verblyf of nadat jy vertrek het nie. Indien 'n item daar gelaat word wanneer die gas vertrek is die onus op die gas om reëlings om dit weer in die hande te kry. Ongelukkig is dit nie vir ons moontlik om hierdie items langer as 3 maande te berg nie, en indien dit nie binne hierdie tydperk afgehaal word nie, sal dit na 'n welsynsorganisasie van ons keuse geneem word.

44. Let asseblief op dat die standaard SABC/eTV-kanale nie deur die komplekse voorsien word nie, en dat, tensy 'n dekodeerder gebruik word, die TV nie funksioneel sal wees nie.

45. Let asseblief op dat DStv nie standaard in die eenheid is nie. Die gas moet sy/haar eie dekodeerder, slimkaart, afstandbeheer en kabels bring, of indien DStv wel beskikbaar is, moet die gas dit vooraf reël by die kantoor teen 'n addisionele koste betaalbaar met aankoms.

46. Moet asseblief NIE die TV verstel indien jy jou eie dekodeerder bring nie, dit is spesifiek ingestel vir jou kykgenot. Indien die TV verstel word, sal R350 afgetrek word van die breekskadedeposito, of dit sal op versoek betaalbaar wees sonder kompensasie of uitstel.

47. Let asseblief op dat die meeste van die komplekse net voorsiening maak vir "Single View"-dekodeerders. HD, PVR en "Dual View"-dekodeerders sal nie werk nie. Doen asseblief navraag by die kantoor voor aankoms.

48. Indien die gas DStv gereël het by die kantoor of sy/haar eie dekodeerder gebring het na die eenheid, kan Leisure Letting – South Coast (PTY) LTD nie aanspreeklik gehou word indien daar 'n probleem is met die gemeenskaplike skottel/sein nie. Geen terugbetalings of afslag sal hiervoor gegee word nie.

49. Ons voorsien 'n skoomaakdiens teen 'n ekstra koste van Maandag tot Vrydag (openbare vakansiedae uitgesluit). Dit kan voor aankoms gereël word.
Breekskadedeposito
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R 1000 moet direk aan die instansie betaal word.
Kansellasiebeleid: Streng
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 50% van die deposito word terugbetaal
Meer as 2 weke voor die inkloktyd 25% van die deposito word terugbetaal
Minder as 2 weke voor die inkloktyd 0% van die deposito word terugbetaal

Gaste wat na Laguna La Crete Unit I gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 R600 per nag (plek vir 4)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Des 2019 tot 13 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za