Langebaan Sea Cottages
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat 136, Sea Breeze Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R950 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Langebaan Sea Cottages is net 500 m vanaf Langebaan se lieflike strande, vlieërwinkels en restaurante geleë en kyk uit oor die strandmeer.
Ons het 3 aparte eenhede, waarvan 2 ateljee-woonstelle is. Elke ateljee-woonstel het slaapplek vir 2 gaste en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad en 'n stort, 'n goed toegeruste kombuis en 'n eettafel met stoele rond die kothuis af. Albei kothuise het hul eie ingange. Die derde eenheid is geskik vir 'n gesin en het 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n privaat patio wat oor die strandmeer uitkyk.
Die eenhede beskik oor verskeie items wat jy vir jou verblyf mag nodig kry, soos waaiers, verwarmers, badhanddoeke, WiFi en DStv. Swemhanddoeke kan op versoek voorsien word.
Daar is 'n sentrale binnehof wat lekker beskut is met 'n gemeenskaplike gasbraai en plek om te eet. Daar is ook 3 gewone braaiplekke. Jy kan hout teen ekstra koste by die bestuur aanvra.
By Langebaan Sea Cottages kan jy met 'n skemerkelkie in die hand die sonsondergang oor die strandmeer dophou, heerlik gaan eet by een van die top restaurante, of toelaat dat die seegeluide jou aan die slaap sus. Die omgewing bied verskeie doendinge en besienswaardighede, soos die fossielpark, wild by die nasionale park, pieknieks en strande. Jy kan dalk selfs die pragtige flaminke, 'n walvis of 'n rob sien.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wildkyk
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
3.8/5
Harold Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 17
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Hoofstraat 136, Sea Breeze Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Gaste dink Langebaan Sea Cottages het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat 136, Sea Breeze Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom