Laridae 3

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Laridae 3 is 'n luukse woonstel in 'n veilige kompleks in Plettenbergbaai, 'n prentjiemooi dorp op die Tuinroete. Die dorp spog met mooi strande en 'n Blouvlagstrand met lieflike uitsigte en warm water.

Dié woonstel het 3 verdiepings en het slaapplek vir 8 gaste in 4 kamers met lugversorging. Daar is 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping, het 'n koningingrootte-bed, 'n TV met DStv, Netflix, Apple-TV, 'n kluis en 'n Nespresso-masjien. Daar is ook 'n balkon met buitemeubels. Die en suite-badkamer is met 'n stort, wasbak en 'n toilet toegerus.

Die ander 3 slaapkamers is op die tweede verdieping en het onderskeidelik 'n koningingrootte-bed, 'n stapelbed en 2 enkelbeddes. Hierdie kamers deel 'n badkamer met 'n stort-oor-bad. Al die slaapkamers het hortjies voor die vensters, gehalte-linne en handdoeke.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, ingeboude oond, mikrogolf, koffiemasjien, skottelgoedwasser, 'n wasmasjien-tuimeldroër toegerus. Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel vir 6, gemaklike banke, 'n TV met sekere DStv-kanale, Netflix, Apple-TV en 'n kaggel. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die kompleks spog met 'n lieflike gras-area waar kinders kan speel. Daar is ook 'n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe en parkeerplek op die perseel beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Laridae 3 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 kinders
1 x Kinderstapelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Laridae 3 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 500 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za